Hiperseksualiteit is ’n mediese diagnose vir ’n buitengewoon gereelde of skielike toename in seksdrange. Die terme nimfomanie en satiriase is eens gebruik om die toestand in onderskeidelik vroue en mans te beskryf. Dit word nie meer in mediese kringe gebruik nie, hoewel eersgenoemde nog in die volksmond voorkom.
Oorsig Hiperseksualiteit kan óf ’n primêre toestand óf die simptoom van ’n ander siekte of mediese toestand soos bipolêre gemoedsteuring wees. Dit kan ook veroorsaak word deur sekere medisynes en behandelings, soos middels teen Parkinsonsiekte of hormoonterapie met testosteroon en estrogeen.
Geneeshere stem nog nie saam oor die beste manier om hiperseksualiteit as ’n primêre toestand te beskryfStein, D. J. (2008). Classifying hypersexual disorders: Compulsive, impulsive, and addictive models. Psychiatric Clinics of North America, 31, 587–592.Bancroft, J., & Vukadinovic, Z. (2004). Sexual addiction, sexual compulsivity, sexual impulsivity or what? Toward a theoretical model . Journal of Sex Research, 41, 225–234. of oor die wenslikheid om sulke gedrag en impulse as ’n aparte patologie te beskryf nie. Verskillende dokters en terapeute beskou hiperseksualiteit dikwels verskillend: as ’n verslawing,Orford, J. (1985). Excessive appetites: A psychological view of the addictions. Chichester, England: John Wiley & Sons.Carnes, P. (1983). Out of the shadows: Understanding sexual addiction. Minneapolis, MN: CompCare. ’n soort obsessief-kompulsiewe steuring of ’n impulsiwiteitsteuring. ’n Paar skrywers erken nie so ’n siektetoestand nieLevine, S.B. (2010). What is sexual addiction? Journal of Sex & Marital Therapy, 36, 261–275. en reken dit weerspieël bloot ’n kulturele afkeer van buitengewone seksuele gedrag.Rinehart, N.J., & McCabe, M.P. (1997). Hypersexuality: Psychopathology or normal variant of sexuality? Sexual and Marital Therapy, 12, 45–60.
Net soos wat daar geen konsensus is oor wat hiperseksualiteit veroorsaak nie,Kafka, M.P. (2010). Hypersexual Disorder: A proposed diagnosis for DSM-V. Archives of Sexual Behavior, 39, 377–400. gebruik skrywers verskillende name om daarna te verwys, na gelang van watter teorie hulle voorstaan of watter spesifieke soort gedrag hulle bestudeer. Moderne name sluit in kompulsiewe masturbasie, kompulsiewe seksuele gedrag,Quadland, M.C. (1985). Compulsive sexual behavior: Definition of a problem and an approach to treatment. Journal of Sex and Marital Therapy, 11, 121–132.Coleman, E. (1990). The obsessive–compulsive model for describing compulsive sexual behavior. American Journal of Preventive Psychiatry & Neurology, 2, 9–14. kuberseksverslawing, erotomanie, oordrewe seksdrang, hiperfilie,Money, J. (1980). Love and love sickness. The science of sex, gender difference, and pair bonding. Baltimore, MD: Johns Hopkins University Press. hiperseksualiteit,Miller, B.L., Cummings, J.L., & McIntyre, H. (1986). Hypersexuality and altered sexual preferences following brain injury. Journal of Neurology, Neurosurgery and Psychiatry, 49, 867–873.Orford, J. (1978). Hypersexuality: Implications for a theory of dependence. British Journal of Addiction, 73, 299–310. hiperseksuele steuring,Krueger, R.B., & Kaplan, M.S. (2001). The paraphilic and hypersexual disorders. Journal of Psychiatric Practice, 7, 391–403. seksuele verslawing, seksuele kompulsiwiteit,Dodge, B., Reece, M., Cole, S.L., & Sandfort, T.G.M. (2004). Sexual compulsivity among heterosexual college students. Journal of Sex Research, 41, 343–350. seksuele afhanklikheid, seksuele impulsiwiteitKafka, M.P. (1995b). Sexual impulsivity. In E. Hollander & D.J. Stein (reds.), Impulsivity and aggression (pp. 201–228). Chichester, England: John Wiley. en parafilieverwante steuring.Kafka, M.P. (1994). Paraphilia-related disorders: Common, neglected, and misunderstood. Harvard Review of Psychiatry, 2, 39–40.Kafka, M.P. (2000). The paraphilia-related disorders: Nonparaphilic hypersexuality and sexual compulsivity/addiction. In S.R. Leiblum & R.C. Rosen (reds.), Principles and practice of sex therapy (3de uitg., pp. 471–503). New York: Guilford Press.
Verwysings
Kategorie:Seksualiteit Kategorie:Siektes