duimnael|'n Beursie met sakkies vir notas en kaarte, en 'n venster om 'n identifikasiekaart of bestuurderslisensie te vertoon 'n Beursie is 'n klein, plat pakkie wat gebruik word om persoonlike items soos kontant, kredietkaarte en identifikasiedokumente (bestuurderslisensie, identifikasiekaart, klubkaart, ens.), foto's en ander papier of gelamineerde kaarte. Beursies word oor die algemeen gemaak van leer of materiale, en hulle is gewoonlik sak-grootte, maar nie altyd opvoubaar nie.

Etimologie

In Afrikaans is beide ‘beurs’ en ‘beursie’ as selfstandige naamwoorde aanvaarbaar, alhoewel ‘beursie’ meer algemeen is.

In Engels word ‘n onderskeid getref tussen ‘n ‘wallet’, wat deur mans gebruik word, en ‘n ‘purse’, wat ‘n vrouebeursie is. In Afrikaans word nie so ‘n onderskeid getref nie. Die woord ‘purse’ beteken egter in Amerikaanse Engels ‘handsak’ eerder as ‘beursie’.

Geskiedenis

Dit is waarskynlik dat voorwerpe om waardevolle items in te dra nog voor die ontstaan van geld as ruilmiddel bestaan het. Lede van antieke beskawings (byvoorbeeld Grieke, Romeine en Egiptenare) het klein muntsakkies gedra – dikwels aan die lyf of kledingstukke vasgemaak. Die Griekse woord kibisis verwys na so ‘n beursie wat in antieke beskawings gebruik is.

In die Middeleeue is geldsakkies (''pouches'') gebruik, waarvan die leer ryklik met metaal of borduurwerk versier is, en het die draer daarvan se sosiale status weerspieël. Nadat papiergeld in die 17de eeu in gebruik gekom het, het die vervaardiging van beursies verander omdat die doel daarvan uitgebrei het: beursies moes beide (gevoude) papier en munte kon dra.

Na die Industriële Revolusie is vervaardigingsmetodes verfyn en het ontwerpe meer gesofistikeerd geword. Gewildheid van beursies het gegroei tydens die ekonomiese vooruitgang wat na die Tweede Wêreldoorlog gevolg het.

Toekoms van beursies

‘n Beursie is steeds een van die algemene artikels wat ‘n persoon saamdra wanneer hy of sy uitgaan. Ten spyte van die verwagte krimpende gebruik van beursies in die toekoms, veral sedert die verskyning van elektroniese beursies en slimfone, bly dit ‘n waardevolle item wat deur feitlik almal gebruik word. Die neiging na elektroniese beursies moedig die ontwerp van minimalistiese beursies aan.

Kategorie:Kleding