Marcus Annaeus Seneca (54 v.C. – 39 n.C.), bekend as Seneca die ouere, was ’n redekunstenaar en skrywer van antieke Rome. Hy is in ’n ryk aristokratiese familie in Hispania (nou die Iberiese Skiereiland) gebore.

Seneca het deur die bewind van drie keisers geleef: dié van Augustus (27 v.C. – 14 n.C.), Tiberius (14-37 n.C.) en Caligula (37-41 n.C.). Hy was die pa van die stoïsynse filosoof Seneca die jongere (Lucius), wat ’n leermeester van Nero was.

Kategorie:Geboortes in 54 v.C. Kategorie:Mense in die 1ste eeu v.C. Kategorie:Mense in die 1ste eeu Kategorie:Romeinse skrywers Kategorie:Sterftes in 39