Galeniet (ook bekend as galena en loodglans; Engels: galena) is 'n belangrike looderts wat dikwels ook silwerhoudend is. Dit het die kubiese haliet-struktuur.
Dit is die volopste loodmineraal en -erts en word in lae- tot middel-temperatuur hidrotermale uitlate in stollingsgesteentes en sedimentêre gesteentes met kontak-metamorfose aangetref. Dit kom dikwels saam met piriet, markasiet, chalkopiriet en sfaleriet voor, soms ook saam met kalsiet, kwarts, dolomiet en vloeispaat.
Verwysings
Kategorie:Minerale