Die Gay Pride-vlag van Suid-Afrika is ’n LGBTI-simbool wat ten doel het om die vryheid en uiteenlopendheid van die Suid-Afrikaanse nasie te weerspieël en trots in die land se LGBTI-gemeenskap aan te wakker. Dit is in 2012 as die vlag van die GLBTI Assosiasie van Suid-Afrika geregistreer en is nie amptelik ’n nasionale simbool van Suid-Afrika nie.
Geskiedenis duimnael|links|240px|Die vlag wapper op die Cape Town Pride 2014.
Die vlag is deur Eugene Brockman ontwerp en is ’n kombinasie van die reënboogvlag en die vlag van Suid-Afrika.
Die voorgestelde doel van die vlag is onder meer om selfdegeslaghuwelike in die land te vier en probleme soos diskriminasie, homofobie en korrektiewe verkragting te pak.
Die vlag is op 18 Desember 2010 bekendgestel op die Mother City Queer Project-kostuumparty, wat jaarliks gehou word en dié jaar by die nuwe Kaapstad-stadion plaasgevind het. Dit is op 20 Julie 2012 by die Suid-Afrikaanse Buro vir Heraldiek geregistreer as ’n vlag van die GLBTI Assosiasie van Suid-Afrika.Staatskoerant, 20 Julie 2012
Dit is nie per se ’n amptelike simbool nie en nie noodwendig die Suid-Afrikaanse weergawe van die LGBT-reënboogvlag nie.
Sien ook LGBT-regte in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Homoseksualiteit Kategorie:Vlae van Suid-Afrika