duimnael|280px|’n Sater en nimf, mitologiese simbole van seksualiteit, op ’n mosaïek in ’n slaapkamer in Pompeii.

Die opvattings oor seksualiteit in antieke Rome, en in ’n breër sin die seksuele oortuigings en gedrag in antieke Rome, is duidelik uit Romeinse kuns, letterkunde en inskripsies en in ’n mindere mate uit Romeinse argeologiese oorblyfsels soos erotiese artifakte en argitektuur. Daar word soms aanvaar seks in antieke Rome het geen grense gehad nie;Edwards, bl. 65. Verstraete en Provençal meen egter dié siening was bloot ’n Christelike vertolking: "Die seksualiteit van die antieke Romeine is nog nooit sedert die opkoms van die Christendom in ’n goeie lig in die Weste gesien nie. In die moderne verbeelding en kultuur is dit sinoniem met seksuele losbandigheid en misbruike."Verstraete, Beert C. en Provencal, Vernon, reds. (2005) Same-Sex Desire and Love in Greco-Roman Antiquity and in the Classical Tradition. Haworth Press. bl. 5

Seksualiteit was egter nie uitgesluit van die mos maiorum, die tradisionele sosiale norme wat die openbare, private en militêre lewe bepaal het, nie.Karl-J. Hölkeskamp, Reconstructing the Roman Republic: An Ancient Political Culture and Modern Research (Princeton University Press, 2010), ble. 17–18. Pudor, "skaamte, beskeidenheid", was ’n belangrike faktor in gedragLanglands, bl. 17. en ook regsbeperkings op sekere seksuele vergrype – in beide die Romeinse Republiek en die Romeinse Ryk.Langlands, bl. 20. Romeinse sensors (openbare amptenare wat die sosiale rang van individue bepaal het) het die mag gehad om burgers uit hul amp te ontslaan weens seksuele wangedrag en hulle het dit soms gedoen.Fantham, bl. 121Richlin (1993), bl. 556. Under the Empire, the emperor assumed the powers of the censors (bl. 560). Die middel-20ste-eeuse seksualiteitsteoretikus Michel Foucault het gereken seks in die Grieks-Romeinse wêreld is regeer deur terughouding en deur die kuns om seksuele plesier te bestuur.Michel Foucault, The History of Sexuality: The Care of the Self (New York: Vintage Books, 1988), vol. 3, bl. 239

Die Romeinse gemeenskap was patriargaal en manlikheid was ’n vooropgestelde eienskap wat nodig was om jouself en ander met ’n laer status te beheer; nie net in oorlog en politiek nie, maar ook in seksuele verhoudings.Cantarella, bl. xii. Virtus (deug) was ’n belangrike eienskap vir mans en die term was selfs verwant aan die woord vir man, vir. Daarteenoor was pudicitia (iets soos nederige selfbeheersing) belangrik vir vroue.Langlands, bl. 37–38. Daar is van Romeinse vroue van die hoër klasse verwag om goed opgevoed te wees, ’n sterk karakter te hê en aktief daarna te streef om haar gesin se posisie in die gemeenskap te handhaaf.Cantarella, bl. xii–xiii. Maar met enkele uitsonderings het net opgevoede mans se siening van seksualiteit eindelik bewaar gebly. Visuele kuns is deur mense uit ’n laer stand geskep, maar dit is aangepas by die smake van dié wat ryk genoeg was om dit te bekostig.Clarke, bl. 9, 153ff.

Sommige seksuele idees en dade in die antieke Romeinse kultuur verskil grootliks van dié in latere Westerse samelewings.Langlands, bl. 31, let veral op na 55Clarke, bl. 11. Die Romeinse godsdiens het seksualiteit voorgehou as voordelig vir die vooruitgang van die staat, en individue het soms privaat godsdienstige rituele of "towerkrag" ingespan om hul sekslewe of voortplantingsvermoëns te verbeter. Prostitusie was wettig en algemeen. "Pornografiese" skilderye het voorgekom onder die versamelings in fatsoenlike hoërklashuishoudings.McGinn (2004), bl. 164. Dit is as natuurlik en alledaags beskou dat mans seksueel aangetrokke was tot tieners van albei geslagte, en seks met seuns was aanvaarbaar solank die seun nie ’n vrygebore Romein was nie. Mense het nie gedink in terme van "homoseksualiteit" en "heteroseksualiteit" nie en daar bestaan geen Latynse woorde vir dié begrippe nie.Williams, bl. 304, citing Saara Lilja, Homosexuality in Republican and Augustan Rome (Societas Scientiarum Fennica, 1983), bl. 122. Geen wenkbroue is gelig vir ’n man wat seks met vroue én seuns van ’n laer rang geniet het nie, solank sy gedrag geen swakhede of vergrype geopenbaar het of ingemeng het met die regte en voorregte van sy manlike gelykes nie. Hoewel neergesien is op verwyfdheid, veral in die politieke arena, is niks met iemand se manlikheid foutgevind as hy seks met manlike prostitute of slawe gehad het nie, solank hy die aktiewe posisie ingeneem het. Hiperseksualiteit by mans en vroue is egter moreel en medies veroordeel. Die morele kode vir vroue was strenger as vir mansNussbaum, bl. 299–300 en daar is min bewyse van seks tussen vroue. Hul seksualiteit is egter reg deur die Latynse letterkunde afwisselend gevier of veroordeel. In die algemeen het die Romeine meer buigsame geslagskategorieë gehad as die antieke Grieke.Hallett, bl. 11.

duimnael|450px|Seks tussen drie mense op ’n boot, omring deur wilde diere; sekstonele op die Nyl het baiekeer die "hondjiestyl" uitgebeeld – dikwels, soos hier, gekombineer met fellatio.Paul G.P. Meyboom en Miguel John Versluys, "The Meaning of Dwarfs in Nilotic Scenes," in Nile into Tiber: Egypt in the Roman World. Proceedings of the IIIrd International Conference of Isis Studies, Leiden, Mei 11–14, 2005 (Brill, 2007), bl. 184.

Erotiese letterkunde en kuns Antieke letterkunde oor seksualiteit val hoofsaaklik in vier kategorieë: regsgeskrifte; mediese tekste; poësie en politieke verhandelings.Clarke, bl. 9. Uitdrukkingsvorme met ’n laer kulturele stempel – soos komedies, satire, skeldigte, liefdesgedigte, graffiti, towerspreuke en binneversiering – het idees oor seks beter uitgestippel as genres van beter gehalte soos tragedies en epiese gedigte. Inligting oor die Romeine se sekslewe is yl gesaai in historiografie, redenaarskuns, filosofie en geskrifte oor medisyne, landbou en ander tegniese onderwerpe.Potter (2009), bl. 330. In regsdokumente kan gesien word watter gedrag die Romeine wou beheer of verbied, sonder dat dit werklik weergee wat mense gedoen het of nie gedoen het nie.Potter (2009), bl. 331.

Groot Latynse skrywers wie se werk aansienlik bygedra het tot ’n begrip van Romeinse seksualiteit sluit in: die komiese dramaturg Plautus (oorl. 184 v.C.), wie se stories dikwels gedraai het om sekskomedie en jong geliefdes wat deur omstandighede uitmekaargehou is; die staatsman en moralis Cato die ouere (oorl. 149 v.C.), wat kykies gee op seksualiteit in ’n tyd wat latere Romeine beskou het as ’n tydperk van hoër morele standaarde; die digter Lucretius (oorl. c. 55 v.C.), wat epikuristiese seksualiteit uitgebreid behandel in sy filosofiese werk De rerum natura; Catullus (fl. 50's v.C.), wie se gedigte ’n reeks erotiese ondervindings ondersoek na aan die einde van die Romeinse Republiek, van delikate romantisisme tot uiters obsene uitskellery;

duimnael|240px|’n Romantiese toneel op ’n mosaïek, Villa in Centocelle, Rome, 20 v.C – 20 n.C. Cicero (oorl. 43 v.C.), met hoftoesprake waarin sy teenstanders se seksuele gedrag dikwels veroordeel is en briewe deurspek van skindernuus oor Rome se elite; die treurdigters Propertius en Tibullus, wat sosiale gedrag verduidelik deur hul beskrywing van liefdesverhoudings met minnaresse; Ovidius (oorl. 17 n.C.), veral sy Amores ("Liefdesake") en Ars Amatoria ("Liefdeskuns"), asook sy Metamorphoses ("Metamorfoses"), met heelwat oor seksualiteit en met die klem op verkragting deur die lens van mitologie; die epigramdigter/skrywer Martialis (oorl. c. 102/'04 n.C.), wie se waarnemings van die gemeenskap vol eksplisiete skeltaal is; die satirikus Juvenalis (oorl. vroeg 2de eeu n.C.), wat uitgevaar het teen die seksuele moraal van sy tyd.

Ovidius noem ’n aantal skrywers wat bekend was vir hul gewaagde materiaal wat intussen verlore gegaan het.Ovidius, Tristia 2.431ff. Griekse sekshandboeke en "onverbloemde pornografie" is onder die name van bekende heterai (hoëklasprostitute) gepubliseer en in Rome versprei.

Erotiese kuns, veral soos dit bewaar gebly het in Pompeii en Herculaneum, is ’n ryk maar dalk twyfelagtige bron; sommige beelde weerspreek seksuele voorkeure soos in letterkundige bronne uiteengesit en kon bedoel gewees het om mense te laat lag of konvensionele houdings uit te daag.Clarke, bl. 3. Alledaagse voorwerpe soos spieëls en bekers is dikwels met erotiese tonele versier; dit het gewissel van ’n "elegante amoreuse flankeerdery" tot eksplisiete sekstonele.Clarke, bl. 108. Erotiese skilderye is in die mees fatsoenlike huise van die adel aangetref, soos Ovidius sê:

"Net soos wat hoogwaardige figure van mans wat deur kunstenaars geskilder is, ons huise versier, net so is daar ’n klein skildery (tabella)Die tabella was ’n klein, draagbare skildery in teenstelling met ’n permanente muurskildery. op die een of ander plek wat verskeie seksdade en uitbeeld; nes [die mitologiese held] Alias sit met ’n uitdrukking wat sy woede uitbeeld en die barbaarse ma [Medea] se oë vol misdaad is, so maak Venus haar nat hare met haar vingers droog terwyl sy skaars deur die moederswater bedek word."Ovidius, Tristia 2, soos aangehaal in Clarke, bl. 91–92.

duimnael|links|250px|Erotiese kuns teen die muur van ’n huis in Pompeii. Die pornografiese tabella en die erotiese Venus is net twee van die beelde wat ’n kunskenner sou kon geniet.Clarke, bl. 93. ’n Reeks skilderye uit die openbare baddens van Pompeii wat in 1986 ontdek en in 1995 gepubliseer is, bevat erotiese tonele "wat lyk of dit bedoel is om die kyker met verregaande seksuele kykstof te vermaak", onder meer ’n verskeidenheid seksposisies, orale seks, en groepseks met dade van mans met mans, vroue met vroue en mans met vroue.Clarke, bl. 3 en 212 ff., aanhaling op bl. 216.

Die dekor van ’n Romeinse slaapkamer kon heel letterlik die seksuele gebruik daarvan uitstippel: Die digter Horatius het na bewering ’n kamer vol spieëls gehad vir seks, sodat hy die dade tussen hom en die prostitute wat hy gehuur het van alle kante af kon bekyk.Clarke, bl. 92. Keiser Tiberius se slaapkamer was met "die mees onkuise" skilderye en beeldhouwerke versier en daar was sekshandboeke ingeval sy seksmaats enige leiding nodig gehad het.Suetonius, Life of Tiberius 44.2; Clarke, bl. 92–93.

In die 2de eeu n.C. "was daar ’n groot toename in Griekse en Latynse geskrifte oor seks," asook in romantiese boeke.Potter (2009), bl. 329. Maar hierna verdwyn openlike seksualiteit so te sê uit letterkunde, en seksonderwerpe word net in mediese en Christelike geskrifte aangetref. In die 3de eeu het selibaat die ideaal van al hoe meer Christene geword en kerkvaders soos Tertullianus en Clemens van Alexandrië het selfs gedebatteer oor of seks in die huwelik geoorloof is ter wille van voortplanting.

Seks, godsdiens en die staat duimnael|240px|’n Man maak gereed vir die nagtelike offerande van ’n vark aan Priapus, met Kupido as die varkwagterAnthony King, "Mammals," in The Natural History of Pompeii (Cambridge University Press, 2002), bl. 444; John R. Clarke, The Houses of Roman Italy, 100 B.C.–A.D. 250: Ritual, Space and Decoration (University of California Press, 1991), bl. 97. (muurskildering, Villa van die Geheimenisse, Pompeii).

Nes ander aspekte van die Romeine se lewe is seksualiteit deur godsdienstige tradisies ondersteun en gereguleer, van beide die openbare staatskultus en private godsdienspraktyke. Seksualiteit was ’n belangrike kategorie van Romeinse godsdienstige denke.Staples Mans en vroue wat mekaar aanvul, was uiters belangrik vir die Romeinse idee van gode. Die Dii Consentes was ’n raad van gode wat bestaan het uit pare mans en vroue; dit was in ’n mate die Romeinse weergawe van die Grieke se Olimpiese gode.Celia E. Schultz, Women's Religious Activity in the Roman Republic (University of North Carolina Press, 2006), bl. 79–81; Michael Lipka, Roman Gods: A Conceptual Approach (Brill, 2009), bl. 141–142