Louis Henry Sullivan (* 3 September 1856; † 14 April 1924) was 'n Amerikaanse argitek na wie dikwels verwys word as die "Vader van die wolkekrabber"Mervyn D. Kaufman: Father of Skyscrapers: A Biography of Louis Sullivan. Boston: Little, Brown and Company 1969 en as die "Vader van modernisme".Chambers Biographical Dictionary. London: Chambers Harrap, 2007. s.v. "Sullivan, Louis Henry," http://www.credoreference.com/entry/chambbd/sullivan_louis_henry (intekening word benodig)

Sullivan word deur vele as die skepper van die moderne wolkekrabber beskou, was 'n invloedryke argitek en kritikus van die Chicago-skool binne die Amerikaanse boukunde, was 'n mentor vir Frank Lloyd Wright en het as inspirasie gedien vir 'n groep argitekte in Chicago wat bekendheid sou verwerf as die Prairie School. Saam met Wright en Henry Hobson Richardson word Sullivan erken as die "Drie-eenheid van Amerikaanse argitektuur".James F. O'Gorman: Three American Architects: Richardson, Sullivan and Wright, 1865–1915. Chicago: Chicago University Press, bl. xv Die leuse "Vorm volg funksie" word aan Sullivan toegeskryf, alhoewel hy self na 'n antieke Romeinse argitek as oorsprong van die konsep verwys het. In 1944 het Sullivan die tweede argitek in die geskiedenis geword aan wie die American Institute of Architects (AIA) se goue medalje postuum toegeken is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse argitekte Kategorie:Geboortes in 1856 Kategorie:Sterftes in 1924