Die Yokosuka D4Y was 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het in November 1940 sy nooiensvlug afgelê. Dit was die eerste vliegtuig vir die Japannese Vlootlugmag sedert 1932 wat met 'n inlynenjin toegerus is, tot op daardie stadium is sterenjins gebruik.
Tegniese besonderhede
+ Besonderhede van die Yokosuka D4Y2 Model 12: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Aichi Atsuta 32 omgekeerde V-tipe Kraglewering per motor 1 400 perdekrag Vlerkspan11,49 m Lengte10,22 m Hoogte3,74 m Maks. opstygmassa4 353 kg Maks. snelheid589 km/h op 5 250 m Operasionele hoogte 10 720m Togafstand 1 205 kmBewapeningTwee 7.7 mm masjiengewere in bokant van enjin, een 7.7 mm masjiengeweer agter in kajuit.Bomvrag 250 kg in bomlaai, een 30 kg bom onder elke vlerk.
Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog