Jeff Masemola (ook bekend as The Tiger of Azania en Bra Jeff) is op 12 Desember 1931 in Bon Accord naby Pretoria gebore, en het in Atteridgeville grootgeword. In 1958 sluit hy by die ANC-jeugliga aan, en in 1959 sluit hy by die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) aan as een van die stigterslede.

Masemola was in 1963 die eerste persoon wat onder apartheid lewenslank tronk toe gestuur is na Robbeneiland, nadat hy en 14 ander PAC-aktiviste aangekla is, en skuldig bevind is aan sameswering om sabotasie te pleeg. Hy word beskou as die langsdienende politieke gevangene in die moderne geskiedenis, nadat hy 26 jaar op Robbeneiland en ander gevangenisse deurgebring het, en is op 10 Oktober 1989 vrygelaat

Masemola is op 17 April 1990 in 'n motorongeluk oorlede, ses maande ná sy vrylating uit die tronk. Die vragmotor wat betrokke was in die ongeluk het van die ongelukstoneel verdwyn en is nooit opgespoor nie.

Straatnaam Jeff Masemolastraat (voorheen bekend as Jacob Maréstraat) in Pretoria is in 2012 na hom genoem.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Sterftes in 1990 Kategorie:Geboortes in 1929