Otto von Habsburg, in Oostenryk amptelik Otto Habsburg-Lothringen, meestal kort Otto Habsburg genoem (* 20 November 1912 in Reichenau an der Rax; † 4 Julie 2011 in Pöcking, BeiereKaisersohn Otto Habsburg 98-jährig verstorben. In: Oostenrykse Uitsaaikorporasie (ORF), 4 Julie 2011. Besoek op 15 Maart 2017), was die oudste seun van die laaste keiser van Oostenryk-Hongarye, Karel I, asook 'n skrywer, publisis en politikus in die Vrystaat Beiere se Christelik-Sosiale Unie (CSU). Vir dié party is hy ook as lid van die Europese Parlement verkies.
Hy was 'n burger van Oostenryk, Duitsland en HongaryeVergelyk DDr. Otto von Habsburg-Lothringen verstorben. In: Webtuiste van die Magistrat Eisenstadt, sonder datum; besoek op 15 Maart 2017]Vergelyk Er wurde 98 Jahre alt. Kaisersohn Otto Habsburg verstorben. In: Wiener Zeitung /Austria Presse Agentur (APA), 4 Julie 2011; besoek op 15 Maart 2017 asook, volgens sy eie bewering, Kroasië.Man kann nie genug Pässe haben. Interview mit Otto v. Habsburg. In: Süddeutsche Zeitung, 20 Junie 2003. Artikelarchiv smd. Besoek op 15 Maart 2017
Tussen 1916 en 1918 was Otto von Habsburg die kroonprins van Oostenryk-Hongarye. Met al sy voorname en adellike titels is hy destyds Seine Kaiserliche und Königliche Hoheit Franz Joseph Otto Robert Maria Anton Karl Max Heinrich Sixtus Xaver Felix Renatus Ludwig Gaetan Pius Ignatius, Kaiserlicher Prinz, Erzherzog von Österreich, Königlicher Prinz von Ungarn genoem. Vanaf 20 November 1930 tot 1 Januarie 2007 was hy die hoof van die adellike families Habsburg-Lotaringe. Hy is in dié amp opgevolg deur sy seun Karl Habsburg-Lothringen (* 1961).
Vanaf die middel van die 1930's het Otto von Habsburg hom binne die Paneuropese Unie – en aanvanklik binne 'n Christelik-monargistiese konteks – vir die vereniging van Europa uitgespreek. Hy was 'n vasbeslote teenstander van Adolf Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese ideologie asook van kommunisme. In 'n doodberig is opgemerk: "In die politiek […] het hy homself as 'n 'werktuig van God' beskou.Joachim Riedl: Ein letzter Hauch der Monarchie. Mit dem Tod von Otto Habsburg geht ein Kapitel österreichischer Geschichte endgültig zu Ende. In: Die Zeit, nommer 28/2011, Oostenrykse uitgawe, bl. 13
Verwysings
Kategorie:Duitse politici Kategorie:Oostenrykers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Oostenrykers in die Tweede Wêreldoorlog Otto Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 2011