Die nasionale vlag van die Volksrepubliek China is op 27 September 1949 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n groot goue vyfpuntige ster binne ’n boog van vier goue vyfpuntige sterre in die skildhoek.

Die rooi staan vir die Kommunistiese Rewolusie; die vyf sterre en hul verhouding stel die eenheid van die Chinese mense onder die leierskap van die Kommunistiese Party van China (KPC) voor. Soms word na die vlag as die “Vyfster-rooivlag” (五星红旗/五星紅旗, pinyin: wǔ xīng hóng qí) verwys.

Die vlag is deur Zeng Liansong, ’n burger van Wenzhou, Zhejiang, ontwerp. Hy het dit ontwerp in reaksie op ’n omsendbrief wat in Julie 1949, kort nadat hulle ná die Chinese Burgeroorlog die mag oorgeneem het, deur die Voorbereidende Komitee van die Nuwe Politieke Raadgewende Konferensie (新政治协商会议筹备会, Xīn zhèngzhì xiéshāng huìyì chóubèi huì) uitgestuur is. Tydens die ontwerpkompetisie is 2 992 (of 3 012) inskrywings ontvang en Zeng se ontwerp is in ’n poel van 38 finaliste geplaas. Ná verskeie vergaderings en effense veranderinge is Zeng se ontwerp as die nasionale vlag gekies. Op 1 Oktober 1949 is die vlag vir die eerste keer deur die Volksbevrydingsleër aan ’n paal wat oor Beijing se Tiananmen-plein uitkyk, gehys tydens ’n seremonie wat die stigting van die Volksrepubliek bekend gemaak het.

Ander vlae wat in die Volksrepubliek China gebruik word, toon ’n rooi agtergrond wat die rewolusie simboliseer, saam met ander simbole. Die vlag van die Volksbevrydingsleër gebruik die goue ster met die Chinese karakters 8–1 (vir 1 Augustus, die stigtingsdag van die leër). Die vlag van die Kommunistiese Party van China vervang al die sterre met die party se kenteken. Weens beperkings deur die regering mag stede en provinsies nie hul eie vlae hê nie; die enigste sub-nasionale vlae wat bestaan, is dié van die Spesiale Administratiewe Streke Hongkong en Macau. Ten spyte hiervan het minstens twee stede hul eie vlae aanvaar nadat die wet goedgekeur is. Die stede Kaifeng en Shangrao het hul eie vlae in Maart 2006 en Maart 2009 onderskeidelik goedgekeur. Dit impliseer dat die wet óf herroep is óf nie toegepas word nie. Die stad Suzhou het sy vlag reeds in Desember 1995 aanvaar, nog voor die wet se goedkeuring. Harbin het van Mei 1997 tot Januarie 1998 sy eie vlag gebruik, terwyl Nanjing van Desember 1986 tot Desember 1997 sy eie vlag gehad het.

Simboliek duimnael|Vlag van China in Beijing Volgens die huidige regeringsinterpretasie van die vlag simboliseer die rooi agtergrond die rewolusie en die goue kleur is gebruik om op die rooi agtergrond te “straal”. Die vyf sterre en hul verhouding verteenwoordig die eenheid van die Chinese onder die leierskap van die Kommunistiese Party van China. Die oriëntasie van die sterre toon dat die eenheid om ’n middelpunt moet draai. In die oorspronklike beskrywing van die vlag deur Zeng simboliseer die groter ster die Kommunistiese Party van China en die vier kleiner sterre daarom die vier sosiale klasse (die arbeidersklas, boerestand, stedelike kleinburgers en nasionale bourgeoisie) van die Chinese soos genoem in Mao se “Oor die Volk se Demokratiese Diktatorskap”. http://www.lishiyushehui.cn/modules/topic/downloads.php?id=218 Die vyf sterre, wat ’n ellips vorm, verteenwoordig die Chinese gebied (insluitend Buite-Mongolië) wat in die vorm van ’n begoniablaar is. Soms word ook gesê die vyf sterre op die vlag verteenwoordig die vyf grootste etniese groepe: Han-Chinese, Zhuang, Hui-Chinese, Mantsjoes en Oeigoere. Dit word algemeen beskou as ’n foutiewe ineenstrengeling met die “Vyf Rasse Binne Een Eenheid”-vlag wat tussen 1912 en 1928 deur die Beiyand-regering van die Republiek China gebruik is, waarvan die verskillende bane die Han-Chinese, Hui-Chinese, Mantsjoes, Mongole en Tibettane verteenwoordig het.

Ontwerp Die konstruksietekening vir die nasionale vlag is op 28 September 1949 gepubliseer deur ’n bevel van die Presidium van die Eerste Volledige Sitting van die Politieke Raadplegende Konferensie van die Chinese Volk. Die inligting is ook beskikbaar in die dokument “GB 12982–2004: Nasionale Vlag” wat deur die Chinese Standaardiseringsadministrasie uitgereik is. http://www.sac.gov.cn/SACSearch/search?channelid=160591&templet=gjcxjg_detail.jsp&searchword=STANDARD_CODE=%2712982%27&XZ=T

350px|senter|Konstruksietekening

Die vlag is in vier gedeel, met die skildhoek wat bestaan uit ’n rooster van 10 by 15 eenhede. Die middel van die groot ster is 5 eenhede van die vlagpaal af en 5 eenhede van die bokant van die vlag af. Die deursnee van die sirkel om die groot ster is 6 eenhede. Van die 4 kleiner sterre is die eerste een 2 eenhede van die bokant van die vlag af en 10 eenhede van die vlagpaal af gesentreer; die tweede ster is 4 eenhede van die bokant af en 12 eenhede van die vlagpaal af; die derde ster is sewe eenhede van die bokant af en 12 eenhede van die vlagpaal af; die vierde ster is nege eenhede van die bokant af en 10 eenhede van die vlagpaal af. Die deursnee van die sirkel om die kleiner sterre is twee eenhede. Die kleiner sterre is so gerangskik dat die bopunt van elk na die middel van die groot ster wys.

Die Wet op die Nasionale Vlag noem vyf moontlike groottes vir die nasionale vlag. Volgens Artikel 4 van die Wet op die Nasionale Vlag moet die regerings van provinsies, outonome gebiede en munisipaliteite onder die Sentrale Regering maatskappye magtig om enige kopie van die nasionale vlag te maak. Buiten die vyf amptelike vlaggroottes wat aan vlagpale moet hang, is daar vier kleiner groottes vir ander doeleindes soos versiering aan voertuie of om in ’n raadskamer vertoon te word. 国旗的标准尺寸和国旗每个尺寸的用途介绍, Shanghai Yingfeng Flag Co. Ltd, 2016

Grootte 1 2 3 4 5 6 7 8 9Lengte × breedte (cm) 288 × 192 240 × 160 192 × 128 144 × 96 96 × 64 66 × 44 45 × 30 30 × 20 21 × 14

Kleure Die kleure van die nasionale vlag is in die dokument GB 12983-2004: Standard Color Sample of the National Flag, vrygestel deur die Standaardiseringsadministrasie van die Volksrepubliek China, bepaal. Die kleure is in die CIE Standard illuminant D65 en die CIE 1964 Supplementary Standard Colorimetric System.

+Standaardkleurmonster van die nasionale vlag Materiaal Stimuluswaarde Y10 Kleurkoördinate Toelaatbare foutmarge x10 y10 Sintetiese vesel Rooi 9.4 0.555 0.328 All are Goud 41.2 0.446 0.489 Sy Rooi 12.3 0.565 0.325 Goud 32.4 0.450 0.463 Katoen Rooi 9.2 0.595 0.328 Goud 33.0 0.467 0.463 Mou Wit 78.0 – – Die stimuluswaarde Y10 moet nie minder as 78 wees nie

Kleurskema Die kleurskema word hieronder gelys:

30px Goud RGB 222/41/16 255/222/0 Heksadesimaal #de2910ff #ffde00ffCMYK 0/82/93/13 0/13/100/0

Unicode Die vlag van die Volksrepubliek China word verteenwoordig in die Unicode emoji-volgorde REGIONAL INDICATOR SYMBOL LETTER C en REGIONAL INDICATOR SYMBOL LETTER N.

Geskiedenis duimnael|Zeng Liansong se oorspronklike ontwerp duimnael|Die “Geelrivier”-vlagontwerp is oorspronklik deur Mao Zedong verkies duimnael|Mao Zedong het die knoppie gedruk wat die Chinese vlag die eerste maal laat hys het ter aankondiging van die Volksrepubliek China op Tiananmen-plein op 1 Oktober 1949 Op 4 Julie 1949 het die sesde werksgroep van die Voorbereidingskomitee van die Nuwe Politieke Raadplegende Konferensie ( 新政治協商會議籌備會, VKNPRK) ’n kennisgewing uitgestuur vir die indiening van ontwerpe vir die nasionale vlag. Ná ’n paar veranderinge is die kennisgewing tussen 15 en 26 Julie in die Volksdagblad, Beiping-bevrydingsnuus, Xinmin-nuus, Dazhong-daagliks, Guangming-daagliks, Jinbu-daagliks en Tianjin-daagliks geplaas. Die lys van vereistes vir die nasionale vlag is ook in die kennisgewing gepubliseer: Chinese kenmerke (geografie, nasionaliteit, geskiedenis, kultuur, ens.) Magskenmerke (’n demokratiese volksregering onder leiding van die arbeidersklas en gebaseer op die vennootskap tussen die arbeiders en boerestand.) Die vorm moet reghoekig wees met ’n verhouding van 2:3 Die kleur moet hoofsaaklik helderrooi wees (’n vroeë weergawe van die kennisgewing het die kleur as donkerrooi gespesifiseer, maar dit is deur Zhou Enlai verander na helderrooi).

Zeng Liansong het ten tyde van die kennisgewing in Sjanghai gewerk; hy wou ’n vlagontwerp skep wat sy patriotiese entoesiasme vir sy nuwe land uitdruk. In Julie het hy tuis met talle ontwerpe vorendag gekom. Sy inspirasie vir die huidige ontwerp kom van die sterre wat die naglug verhelder. Hy het aan die Chinese spreekwoord “verlang na die sterre, verlang na die maan” gedink ( 盼星星盼月亮, pàn xīngxīng pàn yuèliàng) wat op hunkering dui. Hy het later besef dat die KPC die groot verlosser ( 大救星, dà jiùxīng) van die Chinese volk is en dat dit deur ’n groter ster verteenwoordig moet word. Die idee van vier kleiner sterre het gekom uit ’n toespraak van Mao – Oor die Volk se Demokratiese Diktatorskap – waarin hy die Chinese in vier sosiale klasse geplaas het. Geel impliseer ook dat China tot die Chinese, ’n “geel ras”, behoort. Nadat hy die besonderhede van die plasing van die sterre en hul groottes uitgewerk het (hy het aanvanklik gedink om dit in die middel van die vlag te plaas, maar het geglo dat dit te vervelig sou wees), het hy sy ontwerp “Vyf Sterre op ’n Baan in Rooi” ( 紅地五星旗, hóng dì wǔxīng qí) in Augustus aan die komitee gestuur.

Op 20 Augustus 1949 is naastenby 3 000 ontwerpe aan die komitee gestuur, met bydraes van komiteelede soos Guo Moruo en Tan Kah Kee. Van 16 tot 20 Augustus is ontwerpe in die Beijing Hotel bestudeer en tot 38 verminder. Hierdie ontwerpe is vervat in ’n boek getiteld ’n Verwysing na Nasionale Vlagontwerpe ( 國旗圖案參考資料). Hierdie boek is na die nuutgestigte Politieke Raadplegende Konferensie van die Chinese Volk (PRKCV) gestuur vir verdere bespreking. Zeng se ontwerp is egter nie ingesluit nie, totdat dit weer deur Tian Han benoem is.

Op die oggend van 23 September 1949 het die verteenwoordigers van die PRKCV die nasionale vlag bespreek, maar hulle kon nie ’n besluit neem nie. Sommige het nie van Zeng se simboliek vir die vier kleiner sterre gehou nie en gesê dit behoort nie die bourgeoisie in te sluit nie. Mao se voorkeurontwerp het ’n groot goue ster in die skildhoek gehad met ’n goue horisontale staaf in die onderste helfte. Zhang Zhizhong het die ontwerp teengestaan omdat die goue staaf die skeur in die rewolusie en die land gesimboliseer het. Pen Guanghan het dié aand Zeng se ontwerp by Zhou Enlai aanbeveel en Zhou het gevra dat ’n groter afskrif van die ontwerp gemaak word. Tan Kah Kee het Mao en Zhou geadviseer dat die magskenmerke belangriker is as Chinese geografiese kenmerke, daarom was dit onnodig om aan te dring op die goue staaf wat die Geelrivier voorgestel het. Twee dae later het Mao ’n vergadering oor die vlag in sy kantoor gehou. Hy het almal oorreed om Zeng se ontwerp met ’n paar wysigings te aanvaar. Volgens ’n vroeëre bespreking in die Beijing Hotel is die hamer en sekel van Zeng se oorspronklike ontwerp geskrap aangesien dit soortgelyk aan die vlag van die Sowjetunie was. Op 27 September 1949 is Zeng se ontwerp aangepas en eenparig deur die Eerste Volledige Sitting van die PRKSV gekies, terwyl die naam na “Vyfster-rooivlag” verander is.

Op 29 September 1949 is die nuwe vlag in die Volksdagblad gepubliseer sodat die ontwerp deur ander plaaslike owerhede gekopieer kon word. Die vlag is op 1 Oktober 1949 amptelik bekendgestel in Beijing se Plein van die Hemelse Vrede (oftewel Tiananmen-plein) ter aankondiging van die stigting van die Volksrepubliek China. Die eerste vlag wat oor Tiananmen-plein gewapper het, is op 30 September 1949 deur Zhao Wenrei, ’n naaldwerkster, voltooi. Zeng kon nie glo dat sy ontwerp gekies is nie omdat die hamer en sekel uitgelaat is. Hy is egter amptelik deur die algemene kantoor van die Volksregering gelukgewens as ontwerper van die vlag en het 5 miljoen yuan ontvang.