Die Straat van Denemarke (Deens: Danmarksstrædet) of Straat van Groenland (Yslands: Grænlandssund) is 'n seestraat tussen Ysland in die suidooste en Groenland in die noordweste. Die eiland Jan Mayen is noordoos van die seestraat. Die Straat van Denemarke verbind die Arktiese met die Atlantiese Oseaan.
Geskiedenis Die Straat van Denemarke het tydens die Eoseen deur plaattektoniek ontstaan (ong. 51 mj gelede). Dit het gelei tot endemie in Europa, omdat die kontinent 'n party eilande was wat ook van Asië deur die Turgai-straat afgeskei was. Hierdie straat het in die Midde-Eoseen gesluit.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Arktiese Oseaan Kategorie:Atlantiese Oseaan Kategorie:Geografie van Groenland Kategorie:Geografie van Ysland Kategorie:Seestrate