Die Fieseler Fi 156 was 'n patrollievliegtuig wat gebruik is vir koördinering deur die Luftwaffe tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die C-5 model kon ook bomme dra. Dit was soortgelyk aan die Westland Lysander met 'n kort opstyg en landing vermoë. Die vliegtuig het die naam Storch (ooievaar) gehad. 'n Kenmerk van die vliegtuig is dat die vlerke kon terugvou tot teen die romp.

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Fieseler Fi 156C-2: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Argus As 10C omgekeerde V-tipe Kraglewering per motor 240 perdekrag Vlerkspan14,25 m Lengte9,90 m Hoogte3,05 m Normale opstygmassa1 326 kg Maks. snelheid175 km/h op seevlak Operasionele hoogte5 090 m Togafstand 385 kmBewapeningEen 7.9 mm MG 15 masjiengeweer agter in die kajuit.Bomvrag Geen.

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Patrollievliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog