'n Polimeer is 'n chemiese stof wat baie groot molekule bevat wat uit herhaalde kleiner eenhede, die monomere, opgebou is.

Polimerisasie duimnael|Die struktuur van stireenduimnael|Die struktuur van polistireen 'n Goeie voorbeeld van 'n polimeer is polistireen. Die syketting van die stireenmolekuul bevat 'n dubbelbinding wat in teenwoordigheid van 'n geskikte katalisator kan polimeriseer. Die π-binding van die syketting kan oopgemaak word en 'n binding met 'n tweede molekuul veroorsaak. Hierdie proses kan baie kere herhaal word wat die monomere aan mekaar ryg. Hierdie proses van kettingvorming word polimerisasie genoem.

Depolimerisasie duimnael|Depolimerisasie deur verhitting van polistireen|links|300px Soms kan ook die omgekeerde proses plaasvind, wat depolimerisasie genoem word. Vir polistireen gebeur dit deur die polimeer eenvoudig te verhit. By die meeste polimere is dit egter nie moontlik nie en lei verhitting net tot degradasie en verkoling onder vrystelling van dikwels skadelike dampe.

Taktisiteit Die monomeereenheid binne die polistireenketting bestaan uit twee koolstofatome waaraan vier groepe geheg is. Drie daarvan is waterstofatome H-, een daarvan is 'n fenielgroep (benseenring). Die posisie van die fenielgroepe in 'n polimeerketting kan egter verskil. Hierdie verskynsel word taktisiteit genoem.The Chemistry of Radical Polymerization , Elsevier, 2006, , , bls. 168ff In ander polimere kan die sygroep wat anders as 'n fenielgroep wees en dit word algemeen met R- weergegee.

Indien die R- groepe ewekansig oor die vier beskikbare posisies verdeel is, spreek mens van 'n ataktiese polimeer.Indien die posisie van die R-groep altyd dieselfde is, word dit isotakties genoem.Indien die posisie sistematies afwissel, spreek mens van sindiotakties.links|duimnael|'n Ataktiese kettinglinks|duimnael|'n Isotaktiese kettinglinks|duimnael|'n Sindiotaktiese ketting

Watter taktisiteit die gevormde polimeer verkry hang af van watter katalisator vir die polimerisasiereaksie aangewend word. Die eienskappe van die gevormde polimeer kan baie verskil afhanklik van sy taktisiteit.

Dispersiteit Die polimerisasiereaksie lewer gewoonlik 'n mengsel van molekule van verskeie lengtes. Die gevormde stof besit daarom gewoonlik nie een molêre massa nie, maar 'n massaverdeling. Sulke polimere word polidisperse genoem.Light Scattering, Size Exclusion Chromatography and Asymmetric Flow Field Flow Fractionation: Powerful Tools for the Characterization of Polymers, Proteins and Nanoparticles, , John Wiley & Sons, 2011, , , hoofstuk 1.2 'n Uitsondering hierop vorm die biopolimere, soos die proteïene. Hulle vorming is deur die DNS voorgeprogrammeer en die gevormde molekule het altyd dieselfde struktuur en lengte. Sulke polimere heet monodisperse.

Verwysings

Kategorie:Chemie