Annalise Bosch is ’n Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur. Sy is bekend vir haar rol in prente soos Ouma se slim kind (2007), Agter elke man (1990) en Liewe Hemel, Genis!HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Haar loopbaan begin in 1976 by die destydse Sukovs. Bosch regisseer vir Lizz Meiring in Bizzie Lizzie, Elke ander duim ’n dame en Lippetaal, en vir Amanda Strydom in Volstoom. In die debuutproduksie van Wikus du Toit se Sing! het sy teenoor Kosie Smit en Dawid Boverhoff gespeel. Sy het die hoofrol in Gustav Kuhn se fliek, Ouma se slim kind, vertolk.
Sy was met die akteur en skilder At Botha getroud. Hulle seun, Pieter Bosch-Botha, was ook 'n akteur, regisseur en vervaardiger.
Filmografie Rolprente 1986: Liewe Hemel, Genis!, as Myta Botes 1990: Agter elke man, as sosiale werker 2007: Ouma se slim kind, as Ouma
Televisiereekse 1983: Koöperasiestories, as Myta 1983: 1945, as Hester Fourie 1984: Die Dood Van Elmien Adler 2002: Ietermagô, Baby Blignaut 2006: Uncle Max, as Laggende Ouma
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs Kategorie:Lewende mense