Die Holden Commodore (VF) is 'n volgrootte motor wat deur Holden van Junie 2013 tot 2017 vervaardig is. Dit is die tweede en laaste beduidende hersiene uitgawe van die finale vierde geslag van die Holden Commodore wat in Australië vervaardig is. Die reeks bestaan uit 'n sedan- en stasiewa-variante wat onder die luukse Holden Calais (VF) naam verkoop. Die kommersiële nutsvariant wat as die Holden Ute (VF) bemark word, kry ook goeie aftrek.
Die Commodore SS sedan word na die Verenigde State uitgevoer en as die Chevrolet SS hernoem. Holden Special Vehicles (HSV) maak gebruik van die VF-reeks as die basis vir sy prestasie Gen-F sedan, stasiewa en nutsreeks, wat ook na die Verenigde Koninkryk as die Vauxhall VXR8 reeks uitgevoer word.
In Desember 2013 het GM aangekondig dat Australiese produksie van die VF Commodore gestaak word, tesame met al die ander Australiese produksie in 2017.
Verwysings
Kategorie:Holden