Die Nakajima Ki-49 Donryu ( 中島 キ-49 呑龍 "Storm Dragon") Francillon, 1970, p.223 was 'n tweemotorige bomwerper wat deur die Japannese Leër Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Die vliegtuig het sy nooiensvlug in Augustus 1939 voltooi. Die vliegtuig is ontwerp om die Nakajima Ki-21 te vervang.
Ten spyte van sy amptelike aanwysing as "Army Type 100 Heavy Bomber", het die vereistes van die Ki-49 om ongesorteer te vlieg met swaar verdedigings- en aanvalswapens, dit beperk tot 'n klein bomvrag (aanvanklik 1 000 kg).
As 'n middelvlerk-enkelromp van metaalkonstruksie, was die Ki-49 een van die eerste Japannese vliegtuie om met 'n terugtrekbare agterwiel toegerus te wees. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het dit onder die verslagnaam "Helen" aan die Geallieerdes bekend gestaan.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Nakajima Ki-49 : Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerNakajima Ha-109-II stermotor Kraglewering per motor1 450 perdekrag Vlerkspan20,30 m Lengte16,20 m Hoogte4,25 m Normale opstygmassa10 680 kg Maks. snelheid490 km/h op 5 000 m Operasionele hoogte8 160 m Togafstand2 400 kmBewapeningEen 20 mm kanon in dorsale skiettoring vyf 7.92 mm masjiengewerein neus, stert en sye. Bomvrag1 000 kg in bomlaai
Bron Munson, Kenneth: Bombers 1939–1945. Bounty Books. 2012.
Verwysings
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog