Bonanza is 'n Amerikaanse TV-reeks van die 1960's wat vir etlike jare gebeeldsend is. Dit gaan oor ’n gesin op ’n veeplaas ("ranch") in die Wilde Weste.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die reeks is van 12 September 1959 tot en met 16 Januarie 1973 oor veertien seisoene en 430 episodes in Amerika uitgesaai. Dit is ook in tale ander lande, onder andere in Suid-Afrika, gebeeldsend.

duimnael|links|Benaderde ligging van die fiktiewe Ponderosa-landgoed, die huis van die Cartwright-gesin. Die kaart is gerig met noord aan die bokant (in plaas van oos aan die bokant, soos in die weergawe wat verband hou met die TV-show Bonanza). Die stories speel in ongeveer 1860 in Amerika af en handel oor die wel en wee van die Cartwright-familie. Die familie bestaan uit 'n pa met sy drie seuns (elkeen van 'n ander ma). Die pa was lief vir vroue, maar kon nie lank met hulle uithou nie. Hulle het saam op die veeplaas Ponderosa geboer.

Ben (die 'pa') Cartwright, gespeel deur die Kanadese akteur Lorne Greene, is die hoof van die gesin. Sy seuns was Adam (Pernell Roberts), Eric, beter bekend as Hoss (Dan Blocker) en Little Joe (Michael Landon). 'n Ander belangrik figuur in die reeks was die Chinese kok Hop Sing (Victor Sen Yung).

In 1965 verlaat Pernell Roberts die reeks, waarna die program se gewildheid begin taan. Die kyksyfers tel weer op toe David Canary in die rol van voorman Candy Canaday by die groep aansluit. Hy maak sy debuut in 1967 in episode 271 (Sense Of Duty). Nadat Dan Blocker in 1972 skielik oorlede is, het die reeks ten einde geloop. Die program verdwyn geruisloos van die kassie. Van die episodes is tans in die publieke domein.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse televisiereekse