James Bond is 'n fiktiewe spioen in die romans van die Britse skrywer Ian Fleming. James Bond is ’n onverskrokke, aantreklike geheime agent vir die Britse regering, met die kodenaam "007". Talle van die Bond-verhale is tot trefferflieks verwerk. Hierdie rolprente wemel van opwindende tonele vol gevaar, mooi vroue en spesiale geheime toerusting om mense aan te val, boodskappe te stuur, ens. Hierdie stories is ook vir TV, radio, strokiesprente en video-speletjies aangepas.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Fleming het die Bond-karakter in twaalf romans en twee verhaalbundels gebruik. Die eerste hiervan heet Casino Royale. Ná Fleming se dood in 1964 het verskeie ander skrywers Bond-boeke gelewer, onder andere Kingsley Amis, Christopher Wood, John Gardner, Raymond Benson, Sebastian Faulks, Jeffery Deaver en Anthony Horowitz.
Die karakter Fleming se James Bond is 'n spioen met 'n license to kill (mandaat om te dood). Hy werk vir MI6 en rapporteer aan M, die hoof van die agentskap. Moneypenny is M se sekretaresse. Bond is 'n ware heer. As hy hom aan iemand voorstel, sê hy gewoonlik: "The name's Bond, James Bond". Ongeag die dringendheid van die situasie benut hy elke geleentheid om tyd saam met 'n mooi meisie te spandeer.
'n Belangrike element in die meeste Bond-films is die karre, wapens en "gadgets" wat Bond van Q (die kwartiermeester) kry. Die bekendste Bond-motor is die silwergrys Aston Martin DB5, wat sy debuut in Goldfinger gemaak het.
Akteurs Die akteurs wat die rol van Bond vertolk het: Sean Connery (1962–1967; 1971; 1983) George Lazenby (1969) Roger Moore (1973–1985) Timothy Dalton (1987–1989) Pierce Brosnan (1995–2002) Daniel Craig (2006–nou)
Flieks duimnael|Sean Connery as James Bond (1962–1967, 1971, 1983) in Amsterdam in 1971. duimnael|Daniel Craig tydens die verfilming van Casino Royale. Die Bond-flieks is:
No.NaamJaarAkteur1Dr. No1962Sean Connery2From Russia with Love1963Sean Connery3Goldfinger1964Sean Connery4Thunderball1965Sean Connery5You Only Live Twice1967Sean Connery6On Her Majesty's Secret Service1969George Lazenby7Diamonds are Forever1971Sean Connery8Live and Let Die1973Roger Moore9The Man with the Golden Gun1974Roger Moore10The Spy Who Loved Me1977Roger Moore11Moonraker1979Roger Moore12For Your Eyes Only1981Roger Moore13Never Say Never Again1983Roger Moore14Octopussy1983Roger Moore15A View to a Kill1985Roger Moore16The Living Daylights1987Timothy Dalton17Licence to Kill1989Timothy Dalton18GoldenEye1995Pierce Brosnan19Tomorrow Never Dies1997Pierce Brosnan20The World is Not Enough1999Pierce Brosnan21Die Another Day2002Pierce Brosnan22Casino Royale2006Daniel Craig23Quantum of Solace2006Daniel Craig24Skyfall2012Daniel Craig25Spectre2015Daniel Craig26No Time to Die2020Daniel Craig
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Fiktiewe karakters