Kwaito is 'n musiekgenre wat na vore getree het in Johannesburg, Suid-Afrika gedurende die 1990's. Dit is verwant aan house-musiek met die gebruik van Afrikaklanke. Die tempo is stadiger as ander house-genres, kwaito het ook baie keer 'n kwistige melodie, diep bas en koorgedeeltes. Ten spyte van die ooreenkomste met hip-hopmusiek, het kwaito 'n eiesoortige wyse waarop die lirieke gesing, gekletsrym en geskree word.
Kwaito is sedert die negentigerjare die gewildste styl van die Suid-Afrikaanse populêre musiek, veral onder die jeug van die townships. Sy wortels is die musiek wat in die jare negentig – in die tyd van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing – die trefferslyste oorheers: Inheemse "bubblegum"-diskomusiek, hip-hop, house, rap, reggae en tradisionele mbaqanga, wat langsamer gespeel en met hard klinkende Zoeloe-gesang vermeng is. Opvallend is dat die taal wat gebruik word vir die teks nooit Engels is nie. Die Afrikatale word liewer gebruik, maar ook Tsotsitaal, wat op Afrikaans gebaseer is.
Kwaitopartytjies het hulle eie modestyl – geskakeerde tekstielhoede, sportklere met skitterende kleure en converse-stewels, wat van linne gemaak is. Dit is almal van die sestigerjare se modestyle ontleen.
Die kwaito-musiek het 'n eie klein ekonomiese bedryf met onafhanklike swart musieketikette en modeontwerpers geword, en die nuwe musiekstyl raak vinnig ook in Europese lande soos Frankryk en Spanje gewild.
Etimologie Die woord kwaito – 'n samesmelting van kwai ("woede; goed, lekker") en to (die afkorting van township) – is 'n Camto-term van Gautengse informele nedersettings en sluit style in wat wissel van guz, d'gong, en isgubhu tot swaito.Impey, Angela. "Resurrecting the Flesh: Reflections on Women in Kwaito." Agenda 49 (2001): pp. 44–50. Kwaito beskik oor 'n post-Apartheid township-subkultuur. Afrikaanse woorde word dikwels by die Camto-woordeskat gevoeg, hervorm en gebruik in 'n verwante of nuwe konteks. M'du Masilela, 'n baanbreker kwaitokunstenaar, het gesê, "Toe house-musiek gewild geraak het, het mense van die ghetto dit kwaito genoem, vernoem na die Afrikaanse slang woord kwai, wat beteken dat dit musiek is waarvan hulle gehou het." Nog 'n Camto-woord wat afgelei is van die Afrikaanse woord kwaai is amakwaitosi, wat bendelid beteken. Die gewilde kwaitokunstenaar en musiekvervaardiger, Arthur Mafokate, beskryf die verhouding tussen kwaito en bendes soos musiek ontwikkel het rondom die informele nedersettings.
Geskiedenis Teen die agtergrond van 'n veranderende Suid-Afrika, het Kwaito in Soweto ontstaan teen dieselfde tyd wat Nelson Mandela oorgeneem het as die eerste demokratiesverkose president van Suid-AfrikaThe Kwaito Generation: Inside Out: a production of 90.9 WBUR Boston, MA Die verwydering van die politieke en ekonomiese sanksies het baie verandering in die musiekbedryf in Suid-Afrika meegebring.http://www.southafrica.info/what_happening/news/features/kwaitomental.html
Een van die eerste kwaitoliedjies wat 'n treffer in Suid-Afrika geword het, was die liedjie "Kaffir", deur die kunstenaar Arthur Mafokate, wat vryheid van spraak illustreer het in 'n meer liberale klimaat. House-musiek het in die vroeë 1990's in Kaapstad gewild geraak en kon by danse soos die World Peace Party en die oorspronklike Club Eden gehoor word. Die nuwe neiging het na die noorde versprei en teen die middel 1990's was die genre baie gewild in Johannesburgse nagklubs. Arthur Mafokate, Oskido, Boom Shaka en Mdu Masilela was van die eerste kunstenaars wat kwaitomusiek vervaardig het en dit gewild gemaak het in informele nedersettings. Eers teen 2001 het kwaitokunstenaars hul musiek internasionaal bekendgestel aan Europa en die VSA.
Nuutgevonde vryheid het die Suid-Afrikaanse musikante makliker toegang gegee tot die internasionale mark. Die resultaat was dat die kwaitoklank ook bekend geraak het as die uitdrukking van hierdie nuwe vryheid, en baie anti-apartheid liedjies is gebruik as lirieke vir kwaitoliedjies.Mhlambi, Thokozani. "'Kwaitofabulous': The study of a South African urban genre." Journal of the Musical Arts in Africa, vol 1 (2004): pp. 116–27. Kwaito staan bekend as die musiek wat die generasie definieer wat gekom het na apartheid.The Kwaito Generation: Inside Out: a production of 90.9 WBUR Boston, MA Die musiek se polsende ritme het ontwikkel van style soos mbaqanga en dancehall, asook house en disko.
Skole in die informele nedersettings was nie in staat om programme soos musiekklasse te befonds of te verbeter vir die leerlinge nie. Kwaito het nie formele kennis van musiekteorie vereis nie, of selfs groot ruimtes om te oefen of duur instrumente nie. Dit was toeganklik vir individue om deel te wees van hierdie kuns en om dit self te kon ontdek en ontwikkel.Magubane, Zine. "Globalization and Gangster Rap: Hip-Hop in the Post-Apartheid City." In The Vinyl Ain’t Final: Hip Hop and the Globalization of Black Popular Culture, red. Dipannita Basu en Sidney J. Lemelle, bl. 208–29. Londen; Ann Arbor, MI: Pluto Press.
Kwaito het vinnig die hoofstroom keuse van musiek in Suid-Afrika geword en samewerkings tussen die Suid-Afrikaanse R&B kunstenaars Danny K en Mandoza, het meer algemeen begin word. Kwaitotreffers het dikwels aandag van die media gelok, soos Arthur se vrystelling in Augustus 2005 getitel "Sika Lekhekhe" ('n Zoeloefrase wat letterlik beteken "Sny die koek" en figuurlik "Hê seks met my"). Die lied is verbied deur 'n SAUK radiostasie, en Arthur moes sy musiekvideo weer laat skiet om van die suggestiewe inhoud ontslae te raak. Ook het die kwaitogroep, Boom Shaka, baie kritiek ontvang oor hul vertolking van die volkslied op 'n kwaitoritme.
In Durban het Sandy B sy album getitel AmaJovi Jovi in 1994 vrygestel. Dit was 'n groot nasionale treffer en was ook die eerste kwaitoalbum uit daardie provinsie.
Die kwaito-industrie het vinnig gegroei en daar was toenemende mededinging. Gewilde kunstenaars sluit in Zola, Mandoza, Trompies, Mzekezeke, Brown Dash, Mahoota, Spikiri, Mzambiya, Chippa, Msawawa, Mshoza, Thembi Seite, Thandiswa Mazwai, Brikz, TKZee, Unathi, en die Afrika pop- en kwaito-ster Brenda Fassie. Die kwaito-sterre van Suid-Afrika word gesien as bekende persone wat 'n invloed op die kultuur, taal, en die ekonomie van die land kon uitoefen op 'n manier wat onmoontlik was om tydens die jare van segregasie te verwesenlik.The Kwaito Generation: Inside Out:: A production of 90.9 WBUR Boston, MA
TS, Ghetto Ruff, Kalawa Jazmee, en Bulldogs is die hoofvervaardigers wat kwaitokunstenaars ontdek het. Jam Alley was 'n Suid-Afrikaanse talentkompetisie wat 'n plek was vir baie jong kwaitokunstenaars soos Mandoza, Mzambiya, Zola, asook ander popsterre. Sommige kwaitokunstenaars het selfs 'n musiekloopbaan ontwikkel vanaf hierdie platform. Zola, byvoorbeeld, was gasheer vir 'n geselsprogram genaamd Zola 7 op SABC1.
Die geglobaliseerde musiekbedryf het 'n invloed gehad op die groei van kwaito. Hip-hop het van die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk na Suid-Afrika gekom en was veral aan die begin gewild onder bruin mense, wat met die lirieke kon identifiseer.Magubane, Zine. "Globalization and Gangster Rap: Hip-Hop in the Post-Apartheid City." In The Vinyl Ain’t Final: Hip Hop and the Globalization of Black Popular Culture, ed. by Dipannita Basu and Sidney J. Lemelle, pp. 208–29. London; Ann Arbor, MI: Pluto Press. Ooreenkomste van swaarkry en armoede in Suid-Afrika met die ghetto-leefstyl van New York, het veroorsaak dat mense die musiek in Suid-Afrika hul eie gemaak het. Plaaslike klanke het ontstaan, en so het kwaito ook begin vorm aanneem. Die ontwikkeling van hierdie genre het 'n groot hupstoot ontvang deur die ANC, om privaat radiostasies op te rig en om die musiek kwotas van 20 – 40 persent op die stasie te beheer.Arthur Goldstruck, "They Can See Clearly Now." Billboard, Vol 269, No. 18 (29 November 1999 pp.60–65) Die gevolg was dat plaaslike musiek baie blootstelling gekry het en kon uitbrei en dat kwaito in besonder baie kon uitbrei en ontwikkel.
Globale mediakorporasies besit die regte om musiek te versprei van die meeste van Suid-Afrika se musiek, maar bemark dit spesifiek aan die plaaslike jeug.
In Namibië
Dit het 'n ruk geneem vir kwaito om Suid-Afrika se buurland Namibië te bereik. Dit het die opkoms van The Dogg, Gazza, Matongo Family, EeS, Sunny Boy en Qonja beteken wat almal met hierdie genre geëksperimenteer het. Die kunstenaars was vasberade om kwaito na 'n nuwe vlak te neem, maar sonder groot verspreidingsmaatskappye was dit moeilik. Daar was nie veel samewerking tussen Suid-Afrika en die kunstenaars nie, behalwe vir een samewerkingspoging tussen Zola en B.O.G. van Namibië.
Eienskappe Hierdie genre het begin posvat in die 1990's. Dit is 'n mengsel van 'n aantal van die verskillende ritmes van marabi van die 1920's, kwela van die 1950's, mbaqanga/maskhandi van die hostelbewoners, bubblegum musiek van die 1980's, en Imibongo (Afrika poësie). Groot Suid-Afrikaanse musikante soos Miriam Makeba en Brenda Fassie het kwaito beïnvloed. Ten tye was daar elemente van Afrika hip hop, dub, jazz en house-musiek daarin verteenwoordig, wat weer van die Verenigde Koninkryk afkomstig was.
Die kwaitoklank het ontstaan uit die gebruik van die Europese instrumente wat Swart Afrika arbeiders tot hul beskikking gehad het nadat goud gevind is in Johannesburg.Mhlambi, Thokozani. "Kwaitofabulous: the Study of a South African urban genre." Journal of the Musical Arts in Africa, Volume 1, pp. 116–127. University of Cape Town. 2004 Nog 'n algemene kenmerk is die dialoog tussen 'n man en 'n vrou met die vrou wat grootliks die man se woorde herhaal. Dit is hoofsaaklik dans musiek met 'n ligte onderwerp. Kwaito word nie gewoonlik gesing nie, maar is 'n ritmiese toespraak.
Kwaito-optredes vereis dat daar met die gehoor kommunikeer word by wyse van verbale antwoorde. Dit word gedoen op 'n roep-en-antwoord wyse. Die kunstenaar betrokke is die luisteraar, wat op sy beurt aandagtig luister en reageer wanneer dit nodig is.Thokozani, Mhlambi. "Kwaitofabulous: the study of a South African urban genre". Journal of the Musical Arts in Africa, Volume 1 2004, pp. 116–127. Dit word ook gesing in verskeie van Suid-Afrika se tale, waaronder Afrikaans, Zoeloe en Engels. Dit maak dit selfs meer gewild by gehore.Swink, Simone. Kwaito: Much more than Music. 7 Januarie 2003.
Op instrumentale vlak is kwaito maklik herkenbaar vir sy gebruik van 'n stadiger ritme,Robinson, Simon. "That's Kwaito Style." Time Magazine, 11 April 2004. elke vierde slag word beklemtoon met 'n trom. Van die mees opvallende kenmerke van kwaito is afkomstig van house-musiek, maar gedurende die 1990's was daar ook sterk invloede van hip-hop, disko en kontemporêre R&B genres.Swink, Simone. "Kwaito: Much More Than Music". South Africa. 7 Januarie 2003.
Terwyl baie mense glo dat kwaito 'n eg Suid-Afrikaanse genre is, word daar ook geglo dat invloede op hierdie genre reeds in die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Koninkryk was.Official Tsotsi Film Site Mhlambi, Thokozani. "'Kwaitofabulous': The study of a South African urban genre." Journal of the Musical Arts in Africa, vol 1 (2004): bl. 116–27. Die Amerikaanse Hip Hop musiek is die meeste sigbaar in kwaito in die goue simbool en die feit dat goud en diamante oral sigbaar is as 'n teken van welvaart en rykdom.Gavin Steingo, "South African music after Apartheid: kwaito, the 'party politic,' and the appropriation of gold as a sign of success." Om geklee in goud en diamante te wees en ook aan jou gehoor te noem dat jy hulle verteenwoordig is 'n algemene verskynsel. Baie kwaitokunstenaars het ook hul albums vanuit hul motors verkoop en nie noodwendig die weelderige leefstyl gehad soos wat hulle voorgegee het nie.BBC, "Kwaito: The Voice of the Youth"