Malcolm I (volle naam: Máel Coluim mac Domnaill; omstreeks 895-954) was van 943 tot 954 koning van Skotland nadat sy neef Konstantyn II afgetree het om ’n monnik te word. Hy was die seun van Donald II.
Lewe Sy pa is in 900 oorlede en Malcolm kon dus nie later as 901 gebore gewees het nie. Teen die 940's was hy dus nie meer ’n jong man nie en het hy dalk ongeduldig geword om die troon te bestyg. Volgens die Profesie van Berchán uit die 11de eeu, ’n geskiedenis in die vorm van ’n veronderstelde profesie, is Konstantyn II dus gedwing om in 943 te abdikeer en ’n klooster te gaan aftree sodat Malcolm kon koning word.Woolf, Pictland to Alba, p. 175; Anderson, Early Sources, pp. 444–448
In 945 het Edmund I van Engeland ’n ooreenkoms met Malcolm aangegaan en in ruil daarvoor Strathclyde aan hom afgestaan.Anderson, Early Sources, pp. 449–450. Volgens die Kronieke van die Konings van Alba het Malcolm Moray aangeval en Cellach verslaan, maar dit is onbekend wie Cellach was. Dit lyk of Malcolm by sy ooreenkoms met Edmund gehou het en of dit hernu is deur Edmund se opvolger, Edred. In 950 het Malcolm volgens die Kronieke van die Konings van Alba Engeland geplunder tot by die Teesrivier en beslag gelê op baie mense en beeste.Anderson, Early Sources, pp. 452–453. Konstantyn se naam word ook aan die plundertog gekoppel, maar Woolf glo dit is ’n latere toevoeging.Woolf, Pictland to Alba, pp. 178–181.Anglo-Saxon Chronicle, Ms. D, s.a. 948, Ms. B, s.a. 946; Duncan, p. 24.
Volgens die Annale van Ulster is Malcolm in 954 gedood. Hy is op die eiland Iona begrawe.Anderson, Early Sources, pp. 452–454 Sy twee seuns, Dub en Kenneth, was albei later konings.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels CELT: Elektroniese teks by die University College Cork, onder meer die Annale van Ulster en Chronicon Scotorum Kronieke van die Konings van Alba 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Skotse monarge Kategorie:Sterftes in 954