Die Focke-Wulf Fw 200 Condor was 'n Duitse viermotorige bomwerper tydens die Tweede Wêreldoorlog wat aanvanklik ontwerp is as 'n passasiersvliegtuig. Die Fw 200 V I prototipe het op 27 Julie 1937 sy nooiensvlug voltooi. Die vliegtuig was oorspronklik ontwerp as 'n 26-sitplek passasiershandelsvliegtuig vir Deutsche Lufthansa. Voor die Tweede Wêreldoorlog is die modelle Fw 200A en Fw 200B deur Deense en Brasiliaanse operateurs gebruik.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Focke-Wulf Fw 200c-3/U1 Condor: Item Statistiek Aantal motors4 Tipe motorSkroef VervaardigerBramo 323R-2 Fafnir stermotors Kraglewering per motor1 200 perdekrag Vlerkspan30,855 m Lengte23,46 m Hoogte6,30 m Maks. opstygmassa22 700 kg Maks. snelheid333 km/h op 4 800 m Operasionele hoogte5 800 m Togafstand3 550 kmBewapeningEen 20 mm MG 151 kanon, een 15 mm kanon, drie 7,9 mm MG 15 masjiengewere Bomvrag2 100 kg in bomlaai.

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog