Giric (volle naam: Giric mac Dúngail; Skots-Gaelies: Griogair mac Dhunghail; omstreeks 832-889) was van 878 tot 889 koning van Skotland. Hy het saam met sy broers- of pleegkind Eochaid regeer. Sy bynaam was Mac Rath ("Seun van Geluk"). Skene, W.F. (red.), Chronicles of the Picts, Chronicles of the Scots and other Early Memorials of Scottish History, (Edinburg, 1867) Sekere Skotse kroniekskrywers het hom "Gregorius die Grote" genoem en vertel hy het die helfte van Engeland en ook Ierland verower. Ierse annale en Angel-Saksiese geskrifte noem hom egter nie.
Lewe Die verwantskap tussen Giric en Eochaid is nie heeltemal duidelik nie. Eochaid word soms Giric se broers- of pleegkind genoem, en soms sy neef of kleinneef.
Eochaid kon nie koning word nie omdat hy deur die vroulike lyn van die Skotse konings afgestam het. Hy het blykbaar met Giric, seun van koning Donald I, saamgespan om koning Áed te vermoor. Giric het Eochaid daarna gedwing om sy heerskappy met hom te deel.Ross, Stewart: Monarchs of Scotland. Lochar Publishing, 1990. , S. 24
Min is bekend oor die lewe en bewind van Giric en die feite wat wel bekend is, is teenstrydig. Die enigste sekere inligting is dat hy tydens ’n veldslag deur sy broerskind Donald gedood is. Donald het Eochaid daarna verban en die troon bestyg as Donald II.
Verwysings
Eksterne skakels Biografie op www.fmg.ac Kronieke van die Konings van Alba
Kategorie:Skotse monarge Kategorie:Sterftes in 889