100px|links Die Ducati 1098 is 'n sportmotorfiets wat deur Ducati vervaardig is van 2007 tot 2009, in drie weergawes, die 1098, 1098S, en 1098R. Die 1098 is opgevolg deur die 1198 in 2009, alhoewel die 1098R in produksie gebly het in daardie jaar.

Die 1098 deel meer ontwerpelemente met die ouer 998 as met sy voorganger die 999, soos horisontaalgeplaasde hoofligte en 'n nie-geïntegreerde uitlaatstelsel. Nog 'n oordrag van sy 916/998 erfenis is die enkelsydige swaaiarm. Hierdie terugkeer na 'n meer tradisionele Ducati-ontwerp is verwelkom deur baie Ducati-ondersteuners wat kritiek gelewer het op die ontwerp van die 999. Die Ducati 1098/1098 S/1098 R was beskikbaar in swart, rooi, geel en 'n spesiale uitgawe 1098s in die Italiaanse nasionale vlagkleure van rooi, wit en groen genoem Tricolore. Die 1098 is ontwerp deur Ducati se ontwerper, Giandrea Fabbro.

Prestasie Die 1098/1098 S lewer 'n vervaardigerbeweerde 119 kW (160 pk), waarvan 103 kW (138 pk) op die agterwiel geplaas kan word, 123 N·m wringkrag (106 N·m op die agterwiel), en weeg 173 kg. Versnelling van 0-60 mpu neem minder as 3.0 sekondes en die 1/4 myl-tyd is 10.015 sekondes op 232 km/h (144 mpu) met 'n topspoed van 279 km/h (173.3 mpu).

Die 1098 R, met sy groter enjin met 'n verplasing van 1198 cc, maak 'n vervaardigerbeweerde 134 kW (180 pk), en 134 N·m se wringkrag. Al hierdie syfers gee die 1098 die hoogste wringkrag-tot-massaverhouding van enige produksie sportfiets wat ooit gebou is.

duimnael|Ducati 1098 duimnael|Ducati 1098 S duimnael|Ducati 1098 R Bayliss Beperk

Opvolger Die 1098 en 1098S is vervang in die Ducatireekse deur die Ducati 1198 in 2009. Die 1198 het meer krag en wringkrag, herontwerpte wiele, windskerm, spoedmeter, hoofligte, die toevoeging van wieltolbeheer en 'n paar ander klein veranderinge. Die 1098R is onttrek aan produksie.

Verwysings

Kategorie:Motorfietse