duimnael|Short Stirling Mark I Die Short Stirling was die eerste viermotorige bomwerper van die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die prototipe het sy nooiensvlug op 14 Mei 1939 voltooi. Dit is verwoes tydens die landing. Hierdie vliegtuig het op 10 Februarie 1941 sy eerste operasionele vlug voltooi oor Rotterdam waar die teiken 'n olieraffinadery was. Gedurende 1942 is hulle gebruik met die eerste strategiese bombarderingmissies wat later deur die Handley Page Halifax en Avro Lancaster voortgesit is. Hulle het ook deelgeneem aan die eerste 1000-bomwerper missie.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Short Stirling BIII: Item Statistiek Aantal motors 4 Tipe motor Skroef Vervaardiger Bristol Hercules XVI stermotor Kraglewering per motor 1650 perdekrag Vlerkspan30,20 m Lengte26,59 m Hoogte6,93 m Maks. opstygmassa31 751 kg Maks. snelheid435 km/h op 4 420 m Operasionele hoogte5182 m Togafstand met vrag van 1588 kg. 3 235kmBewapeningTwee 0.303 Browing masjiengewere in neus, twee in die dorsale skiettoring en vier in die stertskiettoring.Bomvrag 6,350 kg

Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012

Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog