Die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state (Engels: Economic Community of West African States, ECOWAS; Frans: Communauté économique des États de l'Afrique de l'Ouest, CEDEAO; Portugees: Comunidade Económica dos Estados da África Ocidental, CEDEAO) is 'n gemeenskap van twaalf lande in Wes-Afrika wat ekonomiese en politieke samewerking nastreef. Dit is aanvullend tot die rol van die Afrika-unie.
duimnael|links|ECOWAS se lidlande: duimnael|links|'n Euler-diagram van Afrika se interregeringsorganisasies duimnael|links|ECOWAS se hoofkwartier in Abuja, Nigerië Die drie amptelike tale is Engels, Frans en Portugees, hoewel daar meer as 1000 tale in hierdie gebied gepraat word en party van hulle, soos Ewe, Fulfulde, Hausa, Mandinka, Wolof, Joroeba, Igbo en Ga ook oor die landsgrense heen gebruik word. Dit is op 28 Mei 1975 deur die Verdrag van Lagos gestig. Die huidige president is Marcel Alain de Souza.
Op 28 Januarie 2024 het Niger, Mali en Burkina Faso via 'n gesamentlike verklaring aangekondig dat hulle "sonder versuim" aan ECOWAS onttrek. Die drie nasies, wat almal tans deur militêre juntas regeer word, het ECOWAS daarvan beskuldig dat hulle " onmenslike" sanksies om die staatsgrepe in elke nasie om te keer. Onder die ECOWAS-protokol is onmiddellike onttrekking nie moontlik nie, en die drie lidlande kan tot 'n jaar in die blok bly. ECOWAS het in 'n verklaring gesê dat "Burkina Faso, Niger en Mali belangrike lede van die gemeenskap bly en die organisasie bly daartoe verbind om 'n onderhandelde oplossing vir die politieke dooiepunt te vind." Die onttrekking het op 29 Januarie 2025 in werking getree.
Lidlande Die ECOWAS het twaalf lidlande:
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Ekonomie van Afrika Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Afrika-unie