Mana Pools is 'n deel van die benedestroom van die Zambezirivier in Zimbabwe. Na elke reënseisoen verander die alluviale gebied (sedimentasie wat deur die rivier afgeset word) in groot mere. As hierdie mere stadig opdroog en kleiner word, lok die gebied talle groot diere (waaronder olifante, buffels, luiperds en jagluiperds) wat op soek is na water. Dit maak dit een van die beste plekke in Afrika om grootwild te sien.
Die woord mana beteken vier in die Shona-taal. Dit verwys na die vier groot permanente mere in hierdie gedeelte van die Zambezi.
In 1984 is Mana Pools, saam met die safarigebiede Sapi en Chewore, op Unesco se lys van wêrelderfenisgebiede geplaas.
Bron Botha, M.C.: Mana Pools - tuiste van die 'mutsangu'. In: Custos, Deel 17, nr. 1, April 1988. ISSN 0379-9921
Eksterne skakels
Inligting op Unesco se webwerf
Kategorie:Nasionale parke van Zimbabwe Kategorie:Natuur in Zimbabwe Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Zimbabwe