Ducati Motor Holdings S.p.A. is 'n Italiaanse maatskappy wat motorfietse ontwerp en vervaardig, met sy hoofkwartier in Bologna, Italië. Ducati word besit deur die Duitse motorvervaardiger Audi deur middel van sy Italiaanse filiaal Lamborghini, wat beide weer besit word deur die Volkswagen Groep.

Motorfietsontwerpe duimnael|links|2006 Ducati PaulSmart 1000 LE Ducati is die beste bekend vir sy hoëprestasiemotorfietse gekenmerk deur grootkapasiteit vierslag, 90° V-tweelingenjins met 'n desmodromiese klepontwerp. Ducati verwys na hierdie opset as 'n L-tweeling, want een silinder is vertikaal, terwyl die ander horisontaal is, en lyk soos 'n letter "L".

Moderne Ducatis bly onder die dominante prestasiemotorfietse wat vandag beskikbaar is deels as gevolg van die desmodromiese klepontwerp, wat reeds in sy 50ste jaar van gebruik is.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Audi Kategorie:Italiaanse maatskappye Kategorie:Motorfietsvervaardigers