Die Kammanassieberge is 'n inselberg in die Klein Karoo, Wes-Kaap, suid van die Swartberg en noord van die die Outenikwaberge. Dit strek in 'n oos-wes rigting vanaf Dysselsdorp tot wes van Uniondale en is net oor die 50km lank. Die hoogste punt op die berg is Mannetjiesberg, 1955.3 m bo seevlak. Die N9 nasionale pad gaan tussen die Outenikwaberge en die Kammanassieberge deur. Die Kammanassie-natuurreservaat beslaan die grootste gedeelte van die berg.

Kammanassie is 'n Khoisanwoord en beteken berg van water. Die Olifantsrivier dreineer die noorde en die Kammanassierivier en sy sytakke, die Vink-, Klein- en Kluesrivier, die suidekant van die berg.

Flora Die Klossie-suikerbos kom op die berg voor en die Erica-spesies Erica annalis en Erica montis-hominis is ook uniek aan die berg. Die Kamanassietolbos kom net op die berg voor en is seldsaam.

Bron Cape West: 2nd edition. A relief map of the most southerly part of Africa.

Verwysings

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap