Georgi Michailowitsj, groothertog van Rusland (Russies: Георгий Михайлович Романов; geb. 13 Maart 1981) is die regmatige erfgenaam van sy ma, Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland, ’n aanspraakmaker op die betwiste hoofskap van die Huis van Romanof.de Badts de Cugnac, Chantal. Coutant de Saisseval, Guy. Le Petit Gotha. Nouvelle Imprimerie Laballery, Parys 2002, bl. 99, 111, 799 (Frans) Sy het aan hom die titel tsesarewitsj gegee en hy het ook die aanspraakmakertitel groothertog, met die aanspreekvorm Keiserlike Hoogheid.

As seun van ’n prins van Pruise het hy ook die titel prins van Pruise, met die aanspreekvorm Koninklike Hoogheid,Genealogisches Handbuch des Adels, Fürstliche Häuser, Band XIV. "Haus Preußen". C.A. Starke Verlag, 1991, bl. 153. (Duits) . en is hy lid van die Huis van Hohenzollern.

Vroeë lewe Georgi is in 1981 in Madrid gebore as die seun van prins Franz Wilhelm van Pruise (destyds met die titel groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland) en groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland.Eilers, Marlene. Queen Victoria's Descendants. Rosvall Royal Books, Falkoping, Swede, 1997. bll.82-84, 127, 152, 173. Maria is die enigste kind en erfgenaam van groothertog Wladimir Kirillowitsj van Rusland. Georgi het die titel groothertog van Rusland by groothertog Wladimir gekry.Massie p. 264 Dit dra nie die goedkeuring weg van ’n groot deel van die familie wat lede van die Romanof-familievereniging is nie.Massie

Georgi het die eerste jare van sy lewe in Frankryk deurgebring voordat hy en sy ma na Spanje verhuis het. Sy ouers is 1985 geskei.

Opvoeding en loopbaan Georgi het in Madrid en Oxford studeer en daarna in Brussel en Luxemburg gewerk. In 2008 is hy aangestel as assistent van die direkteurgeneraal van MMC Norilsk Nickel, ’n groot Russiese nikkelmynmaatskappy.

In 2014 het hy sy eie maatskappy, Romanoff & Partners, in Brussel op die been gebring.http://www.romanoffpartners.com/

Aanspraakmaker Op 21 April 1992, met die dood van sy oupa groothertog Wladimir Kirillowitsj, het sy ma beweer sy het hom opgevolg as die soewerein en kuratrise van die troon van Rusland. Volgens haar ondersteuners is Georgi dus haar erfgenaam en ’n tsesarewitsj. Hy het Rusland kort daarna die eerste keer besoek om sy oupa se begrafnis by te woon.

Sy aanspraak op die troon word betwis.

Sien ook Lys van groothertoë van Rusland Huis van Romanof

Verwysings

Verdere leesstof

Skakels Groothertogin Maria se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Huis van Hohenzollern Kategorie:Aanspraakmakers op die Russiese troon Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Groothertoë van Rusland