Hlumelo Biko (1978-) is ’n Suid-Afrikaanse sakeman en beleggingsbankier, en skrywer van The Great African Society. Hy is die seun van Steve Biko en Mamphela Ramphele.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Beknopte biografie Hlumelo Biko is in Januarie 1978 gebore. Sy ma was vyf maande swanger toe sy verneem dat Steve Biko, met wie sy 'n verhouding gehad het, in polisie-aanhouding oorlede is. Sy het hom "Hlumel" genoem, wat in Xhosa die "loot van 'n boom" beteken.

Biko het 'n B.A. in Geskiedenis en Politiek aan die Universiteit van Kaapstad, en 'n Meesters in Internasionale Sake- en Regeringsverhoudings van Georgetown Universiteit verwerf. In 1998 het hy vir die Wêreldbank in Washington, DC gewerk.

Biko en Ramphele het die beleggingsmaatskappy Circle Capital in 2005 gestig.Bridge, Sherilee. Trailblazers: South Africa's champions of change. Cape Town: Double Storey, 2007. Biko was die hoof uitvoerende beampte van Circle Capital. In 2008 noem Bespoke Magazine hom "die dryfkrag agter 'n multi-miljoen Rand se swart bemagtigingsmaatskappy... een van Suid-Afrika se mees boeiende bemagtigingvoertuie".Willis, Mike. "Bespoke People: Man of Change", Bespoke, Beirut, Julie 2008.

Biko is 'n uitvoerende voorsitter van 'n kapitaalgroei-georiënteerde beleggingfirma, genaamd Spinnaker Growth Partners. Voor dit het hy 'n suksesvolle waagkapitaalmaatskappy, genaamd Circle Capital Ventures bestuur, wat R100 miljoen oor 8 jaar in 8 transaksies belê het, en 'n opbrengs van R1,6 miljard gelewer het.

Hy is ook 'n toegewyde filantroop wat ontluikende klein en medium besighede ondersteun, en as die vise-voorsitter van die Baxter-teater dien.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad