Die bloublomastertjie (Felicia heterophylla (Cass.) Grau) is 'n struik wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap van Clanwilliam tot Kaapstad op sanderige vlaktes en hellings voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.
Dit is 'n eenjarige kruidplant wat 30 x 30 cm groot kan word. Die harige blare word 1 – 5 cm lank. Dit het madeliefieblomme wat slegs blou is. Ander astertjies wat blou van kleur is, het gewoonlik 'n geel hart. Dit is 'n gewilde plant in tuine saam met ander Namakwalandblommetjies.
Fotogalery
Verwysings
heterophylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika