'n Sonwyser is 'n toestel wat die tyd met behulp van die son aanwys. Die sonwyser het 'n gnomonVolgens die HAT is dit die driehoekige deel wat die skaduwee werp. Gnomon in Engels, Duits, Frans en Nederlands. wat 'n skaduwee op 'n uitgemerkte oppervlak werp. Aangesien die son se pad deur die hemel deur die aarde se breedtegraad bepaal is, word sonwysers spesifiek vir 'n bepaalde breedtegraad vervaardig met die doel dat die stylSien HAT, ook style in Engels en Frans en stijl in Nederlands. van die gnomon parallel met die aarde se draaias moet lê. Op die vroegste sonwysers, val die skaduwee van die gnomon op 'n plat plaat wat óf vertikaal (vertikale sonwysers) of horisontaal (horisontale sonwysers) opgerig is.
Die nommers op horisontale sonwysers in die Noordelike Halfrond en op vertikale sonwysers in die Suidelike Halfrond volg 'n kloksgewyse patroon, terwyl die nommers op horisontale sonwysers in die Suidelike Halfrond en die vertikale sonwysers in die Noordelike Halfrond anti-kloksgewys is.
In onlangse tye is ekwatoriale sonwysers ontwikkel. Ekwatoriale sonwysers het 'n geboë oppervlak met 'n gnomon in die vorm van 'n stok in plaas van 'n driehoek. Ekwatoriale sonwysers is geskik vir tropiese gebiede en horisontale of vertikale sonwysers vir gematigde gebiede.
Fotogalery
Notas
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tyd