Die Jerusalemgangers (ook bekend as die Enselin-party of -geselskap) was ’n groep Voortrekkers in Transvaal wat oor land na Jerusalem in Palestina wou trek, veral omdat hulle wou ontsnap aan Britse heerskappy in Suider-Afrika. Hulle het in 1837 uit die omgewing van die huidige Tarkastad na Natal getrek en ná die Britse anneksasie in 1844 van daar na die Vrystaat en eindelik Transvaal.
Hulle word soms as ’n eksentrieke, fanatiese en dweepsugtige sekte onder die Boere geteken. Potgieter, D.J. (red.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou). Dr. D.W. Krüger het hulle byvoorbeeld beskryf as "seker die eienaardigste verskynsel wat hom voorgedoen het onder die lewe van die Transvalers van die (19de) eeu."D.W. Krüger in N.H. van der Walt 1937. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suide-Afrika vir die jaar 1938. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Tog is hulle nie deur hul mede-Transvalers as iets eienaardigs beskou nie. Spoelstra, dr. Bouke. 1963. Die Doppers in Suid-Afrika 1760–1899. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk. Nog 'n beskouing is dat hulle uit die geledere gekom het van die Doppers wat "die onbybelse idee gehad het dat hulle weens afstamming die uitverkore volk was". Die Jerusalemgangers het dan glo "gemeen hulle moet voortrek om Jerusalem te gaan herbou". Wie was die Doppers op die webtuiste gereformeerd.org . URL besoek op 16 Desember 2016. Die groep het uit die samelewing verdwyn ná hul leier, kmdt. Johan Adam Enslin se dood. Al wat nog aan hulle herinner, is die naam Enselsberg in die distrik Zeerust en die naam Nylstroom.
Agtergrond Min is bekend oor die agtergrond en ontstaan van die Jerusalemgangers. Hul opvattings was 'n eienaardige vermenging van godsdiens en politiek. Hulle het Brittanje byvoorbeeld beskou as een van die horings van die dier in die Bybelboek Openbaring. Hul leier was Johan Adam Enslin (1800–1852), ’n eertydse smous in die Kaapkolonie, wat omstreeks 1846 in die omgewing van Winburg as "die profeet" bekend was. Van die ander lede van sy trekgeselskap was Jacob Erasmus, Stoffel de Wet, Paul Roos en Jurie Bekker. Die NG predikant dr. William Robertson het reeds in 1836 in die Swartberge tussen die Groot- en Klein-Karoo met die groep mense in aanraking gekom wat oor land na Jerusalem wou trek. Van die families wat tot dié groep behoort het, byvoorbeeld die De Beers en De Klerks, kan in ’n mate met die Slagtersnek-rebellie (1815–'16) verbind word, een van die vernaamste aanleidende oorsake van die emigrasie of Groot Trek uit die Kaapkolonie. Swart, M.J., e.a. (red.). 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Auckland Park: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
Luidens ’n berig in De Zuid-Afrikaan van 17 November 1837 het die Enselin-geselskap omstreeks 1837 getrek uit die latere distrik Tarkastad, waar die Slagtersnek-opstand sowat 20 jaar vantevore plaasgevind het. Dié groep het hulle in Natal gaan vestig waar een van hulle, Lourens Erasmus van Winburg, hom as Volksraadslid onderskei het wat nie maklik tevrede gestel kon word. Hy was moontlik die vader van Hans en Jacob Erasmus wat in 1849 met ds. Andrew Murray van die NG Kerk en in 1853 met ds. Dirk van der Hoff van die Hervormde Kerk gebots het. In ds. Murray se geval het twee hewige openbare rusies van 'n ossewa af plaasgevind wat daartoe gelei het dat heelparty van die Jerusalemgangers die groep die rug toegekeer het terwyl ander hom wou stenig omdat hy volgens hulle 'n predikant in diens van die "Antichris" (Engeland) was. Claasen, J.P. in Beyers, C.J. (hoofred.). 1987. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel V. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Omstreeks 1851 het ds. J.H. Neethling ook kwaai weerstand ervaar teen sy pogings om die trekkers te bedien. Potgieter, D.J. (red.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
Beweegredes Volgens die Jerusalemganger Zacharias J. de Beer, later 'n bekende Gereformeerde ouderling van Waterberg, was daar reeds in die dae van eerw. Erasmus Smit en ds. Daniel Lindley "gedurig ergernis wegens de gezangen", een van die oorsake van die stigting van die Gereformeerde Kerk in 1859. Jooste, prof. dr. J.P.: "Oorsig van die geskiedenis van die Gereformeerde kerk Burgersdorp". In: 1960. Die Gereformeerde Kerk, Burgersdorp. Gedenkalbum by geleentheid van die Eeufees 22-24 Januarie 1960. Burgersdorp: Kerkraad van die Gereformeerde kerk. Daarom het, volgens De Beer, 'n "groot gedeelte der Emigranten" afsydig teenoor die kerklike lewe gestaan, Nederduits-Gereformeerd sowel as Hervormd.
Dr. Bouke Spoelstra meen "hierdie bewering pas nie by die houding van die toonaangewende latere Gereformeerdes teenoor die Kaapse bedieningskommissies nie. Casper Kruger was (trouens) ds. (Andrew) Murray se gids tydens sy ontmoeting met die Marico-party." Volgens De Beer het die groep in 1844 uit Natal getrek "wegens de annexatie". Hierop grond dr. Spoelstra sy aanname: "Dit het dus niks met 'n Jerusalemtrek te doen nie, maar wel met 'n radikale afkeer van enige Engelse heerskappy."
De Beer het aangevoer dat die Jerusalemgangers goed op hoogte was met die verhouding van die Kaapse Kerk tot die Britse owerheid. Jacob Erasmus is uit die Kolonie ingelig dat di. P.E. Faure (van die NG gemeente Wynberg) Dreyer, eerw. A. 1929. Kerksouvenir van Wynberg, Gemeente-Eeuwfeest 1829–1929. Kaapstad, Stellenbosch en Bloemfontein: Nasionale Pers Beperk en dr. William Robertson (indertyd leraar van die NG gemeente Swellendam)Hofmeyr, George (hoofred.), "NG Kerk 350", Lux Verbi.BM, Wellington, 2002. "in oorleg met die Britse regering" 'n besoek aan Transvaal sou bring. Daarom wou 'n deel van die Voortrekkers, wat die Kaapkolonie juis verlaat het om aan die Britse oorheersing te ontsnap, niks met hulle te doen hê nie. De Beer het selfs beweer die inwoners van Lydenburg was afsydig "omdat wy tegen de Gezangen waren". So het hy die politieke beswaar sonder meer met die sing van Gesange vereenselwig. Dr. Bouke meen dit "openbaar 'n gees van beswaardheid teen die Kaapse Kerk".
Jacob Erasmus was bewus van goewerneur sir Harry Smith se dreigement om „de Emigranten door het Zwaard des Geestes onder haar gezag" te bring. Predikante soos ds. Murray, ’n lojale Britse onderdaan, De Kock, W.J. 1968. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. se besoeke het die Jerusalemgangers in die lig van dié dreigement gesien. Daarom het Jacob Erasmus saam met Jan Enslin, Paul Roos, Stoffel de Wet en Mietjie Gous in 1849 opgeruk om hulle teen ds. Murray te verset. Dr. Bouke meen dis verstaanbaar dat hul redenering vir ds. Murray sou klink na sektariese "verdraaiing der Heilige Schrift" en van Wilhemus á Brakel, ’n vername verteenwoordiger van die "Nadere Reformatie" in Nederland. Hulle het hom geskok met die bewering dat die saligheid nie van eie godsvrug nie, maar van die uitverkiesing afhanklik is – iets wat hulle gemeen gehad het met die Gereformeerdes wat in 1859 van die Hervormde en NG Kerk sou afstig. Spoelstra, dr. B. 1973. Beknopte Kerkgeskiedenis vir Katkisasie. Potchefstroom: Pro Rege.
Omdat hulle hulleself met die uitverkore Israel op reis na Jerusalem vereenselwig het, het hulle die naam "Jerusalemgangers" gekry, maar ds. Frans Lion Cachet van die NG Kerk was daarvan oortuig die uitstaande motief van dié mense was om 'Engelands overmacht' te ontvlug. Lion Cachet, Frans. 1882. De Worstelstrijd der Transvalers aan het Volk van Nederland verhaald. Amsterdam: J. Kruyt / Paarl: J.F. du Toit. Daarom meen dr. Spoelstra dis "'n ope vraag of die naam 'Jerusalemgangers' aan hulle reg laat geskied. Die feit dat hulle met (ds.) Murray 'n woordestryd aangeknoop het omdat hy vir hulle 'n Engelse gevaar verpersoonlik, toon juis dat hulle nie tot 'n verdere trek na Jerusalem gedwing wou wees nie."
Dit was destyds beeldspraak onder Voortrekkers, van wie baie net die Statebybel as leesstof gehad het, om 'n eie vrye politieke heenkome voor te stel met die land Kanaän of stad Jerusalem. Selfs Andries Pretorius het op ’n keer gesê: "Soo wy niet eensgezind en voll liefde blijven, sullende wy nim(m)er den aartschen nog Heemelschen Canan of Jerusalem beryken, maar meer als veertig jaren sullen om loopen." Voorts het hul medeburgers hulle nie as 'n godsdienstige sekte beskou nie, so nie sou J.A. Enslin nie in 1851 die benoeming tot kommandant-generaal ontvang het nie. En hul afkeer van 'n predikant uit die Kaapse staatskerk het ook by ander Voortrekkers voorgekom. Volgens dr. Spoelstra sou 'n sektariese groep ook nie so natuurlik in die Gereformeerde Kerk kon oplos nie.
Kenmerke Ds. J.H. Neethling wat op sy grootworddorp, Prins Albert, met die Jerusalemgangers te doen moes gekry het en die Voortrekkers in die vroeë jare van Transvaal in Marico besoek het, het hulle beskryf as 'n "fanatiese godsdienstige sekte onder die invloed van 'n profetes" (die weduwee Maria Elizabeth Gou(w)s).> Die besonderse kenmerk van die Enslin-groep was nie godsdienstig van aard nie, maar hul radikale afkeer van alles wat Engels was, aldus dr. Spoelstra. Enslin het byvoorbeeld na Engeland verwys as die “verdrukker waar wey voor gevlug heb" met verwysing na die Britse anneksasie van Natal en, nadat hulle uit die Tuinkolonie weggetrek het, van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier in 1848. Dit het hulle laat besluit om na 'n ver weg van Britse invloed te trek.
Hy het hom vereenselwig met die “onderdaanen” van die Volksraad en op godsdienstige gronde gepleit dat reg moet geskied. Van ’n verdere trekplan na Jerusalem het hy nie melding gemaak nie, hoewel hulle gemeen het hulle sou Jerusalem maklik oorland kon bereik met die "Nyl" langs. Die Jerusalemgangers was oortuig die beloofde land kon nie te ver wees nie aangesien hulle Arabiese perde in die besit van inboorlingstamme waargeneem het. In die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek skryf J.P. Claasen die Jerusalemgangers het wel voorbereidings vir die tog na Jerusalem getref. Mietjie Gouws het byvoorbeeld begin beskuit bak en biltong droog en lede van die groep het rondvertel haar rate sou die trekkers teen siektes en kwale kon beskerm. Hulle het die Nederlandse bemiddelaar tussen die Boerefaksies in Transvaal H.T. Bührmann (1822–1890) De Kock, W.J. (hoofred. tot 1970) en Krüger, prof. D.W. (hoofred. sedert 1971). 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. uitgevra hoe ver Jerusalem van Marico was. Hulle het gemeen die trek sou nie langer as ses weke of twee maande met die ossewa duur as alles goed sou gaan nie. Die Nederlander het hulle probeer duidelik maak dat Jerusalem omtrent sewe of agt maal sover as Kaapstad van Rustenburg af was, dat daar onoorkomelike moeilikhede in die weg was, dat hulle geen Moses het nie en dat Palestina indertyd 'n halfwoestyn en rowersnes was.Krüger, dr. D.W. in Van der Walt, ds. N.H. 1937. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suide-Afrika vir die jaar 1938. Potchefstroom: Administratiewe Buro.