Die rooistreep-blennie (Cirripectes stigmaticus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Red-streaked blenny.

Identifikasie Die vis word tot 12cm lank. Die vis donkerbruin met 'n skarlaken heuningnes-tipe patroon op die kop wat verander na strepe en kolle op die lyf. Daar is 'n rooi ring om die oë en kort tentakels op die nek. Groter volwasse visse is donkergroen tot swart van kleur ook met die heuningnes patrone teenwoordig.

Die vis leef in oop koraalriwwe in water wat tot 20m diep is. Hulle is alleenlopend en bly naby die koraalkoppe. Hulle is sku van aard en verdwyn in skuilings wanneer hulle bedreigd voel. Die visse vreet alge.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Cirripectes-stigmaticus.html

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Kategorie:Beenvisse