Geelkwassie (Bulbine annua (L.) Willd.) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom net in die Wes-Kaap voor en op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit kom op sanderige grond in die kusfynbos voor. Dit vorm polle met penagtige blare wat 15-40 cm groot word en veselrige wortels het. Die blomme is liggeel en groei in digte trosse op lang stingels.Field Guide to Fynbos, , Struik, 2007, , , bls. 62

Galery

Verwysings

Eksterne skakel

iSpot

annua Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika