Anchcheperoere Smenchkare Djeser Cheperoe was ’n kort rukkie farao tydens die laat 18de Dinastie van Egipte. Sy naam beteken "Lewend is die Vorme van Ra".Clayton, P. Chronicle of the Pharaohs (Thames and Hudson, 2006) Hy het tydens die Amarna-tydperk regeer, ’n tyd toe sy voorganger, Achenaten, ’n nuwe godsdiens wou afdwing. Hy is opgevolg deur Anchcheperoere Neferneferoeaten (vermoedelik Nefertiti). Anders as sy, het hy nie byname in sy troonnaam of cartouche gebruik nie.Aidan Dodson, "Amarna Sunset:the late-Amarna succession revisited" in Beyond the Horizon. Studies in Egyptian Art, Archaeology and History and history in Honour of Barry J. Kemp, red. S. Ikram en A. Dodson, ble. 31–32 Cairo, 2009.

Baie min is oor Smenchkare bekend omdat latere konings, van Horemheb af, probeer het om die hele Amarna-tydperk uit die geskiedenis te wis.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 14de eeu v.C. Kategorie:Sterftes in 1334 v.C.