Trevor Leslie Goddard (1 Augustus 1931 – 25 November 2016) was 'n Suid-Afrikaanse toetskrieketspeler en spankaptein. Hy het van 1955 tot 1970 aan 41 toetse deelgeneem, 2515 lopies aangeteken en 123 paaltjies geneem.

In die seisoen van 1963–1964 was hy die kaptein van die jong Suid-Afrikaanse span wat vir vyf maande na Australië en Nieu-Seeland getoer het. Hy was ook in 1964–1965 kaptein van die span wat teen Engeland in Suid-Afrika gespeel het.

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Sterftes in 2016