Die ysplantjie of soutslaaiHAT: verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal, bls. 1070 (Mesembryanthemum crystallinum) is een van die bekendste vygies. Saam met party ander spesies uit die Mesembryanthemum-genus word dit ook brakslaai genoem. Die naam ysplantjie verwys na die blaasselle waarmee die plantjie bedek is en waardeur dit lyk asof dit met yskristalletjies bedek is.
Dit is eetbaar en is vroeër dikwels deur die Khoi en die Boesmans geëet. Dit is inheems aan Suid-Afrika, maar is nou oor die wêreld verspei, soos in die Middellandse Seegebied. Die ysplantjie is ook 'n indringerplant in Kalifornië, Arizona en Pennsylvanië. Dit is 'n meerjarige halofitiese plant wat 10 cm hoog en 50 cm breed kan word. Dit kry wit blomme met talle blomblare wat deur insekte bestuif word.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Mesembryanthemum Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Veldkos