Braam le Roux (* 28 Augustus 1918, Middelburg – † 31 Desember 1956, De DeurWorldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2013118037/) was ’n Afrikaanse skrywer van spanningsverhale, wat veral bekendheid verwerf vir sy reekse boeke oor Die swart luiperd en Temmers van die woestyn, Die SA Polisie, Die Swerwerspeurder en Die woeste Laeveld. Laasgenoemde skryf hy saam met die skrywer, Dewald Brink. Sy reeks boeke is so gewild dat al sy reekse na sy dood voortgesit word deur ander skrywers. Die skrywer F.A. Venter (onder die skuilnaam Meiring Fouché) publiseer nog 23 titels in Die Swart Luiperd-reeks, terwyl die skrywer R. Hendriks die Temmers van die woestyn-reeks voortsit. 'Die SA Polisie' en 'Die Swerwerspeurder' reekse word Gys van Graan, Gerrie Radlof en F.A. Venter (as Meiring Fouché) voortgesit. Deur die loop van le Roux se loopbaan publiseer hy meer as 'n honderd boeke.Skatkis Boeke: http://www.softcoverbooks.co.za/braam%20le%20roux.html
Lewe en werk Abraham le Roux Botha is op 28 Augustus 1918 op Middelburg in die Transvaal gebore. Hy matrikuleer in Pretoria en is dan werksaam by die Spoorweë en die Staatsdiens terwyl hy deur private studie verder studeer. Daarna is hy as joernalis verbonde aan Die Transvaler en Die Ruiter, totdat hy besluit om hom voltyds aan sy skryfwerk te wy.
Weens ’n ongeluk te perd is sy linkerhand slap en onbruikbaar, wat meebring dat hy al sy verhale met net een hand moet tik.Kannemeyer, J.C. Meer as 100 boeke uit sy pen. Insig, Mei 1998 Ten spyte van hierdie gebrek is hy die enigste Afrikaanse skrywer wat in die vyftigerjare uitsluitend van sy skryfwerk leef en daarmee ’n behoorlike inkomste verdien.
In die laaste jare van sy lewe het hy ’n vaste kontrak gehad om twee boeke per maand te lewer! Hy was getroud. Hy is op 31 Desember 1956 oorlede, kort nadat hy van vakansie in Houtbaai in Kaapstad terug gekeer het na sy woning De Deur naby Johannesburg. Op pad terug voel hy reeds nie lekker nie en tuis ontbied sy vrou die huisdokter, maar hy is kort daarna oorlede.
Skryfwerk
Spanningsverhale Sy eerste boek verskyn in 1946 en by sy sterwe het hy meer as honderd boeke geskryf, waarvan bykans ’n driekwartmiljoen eksemplare verkoop is. Aanvanklik skryf hy losstaande spanningsverhale.
Fiskale van Zimbabwe vestig onmiddellik sy gewildheid en hierdie verhaal word verskeie kere herdruk. Hierdie riller speel af teen die spookagtige ruïnes van Zimbabwe, waar die bobbejaanmanne die septer swaai en nie indringing duld nie en die ek-verteller verskeie noue ontkomings beleef.
Die geheim van Njabela is gebaseer op die gebied en tradisies van die Amandebele stam in Mpumalanga, maar is andersins blote fiksie. Hulle reënfeeste word nog jaarliks op die kruine van die Bothasberge gehou en gedurende die feestye waag geen vreemde stam hulle in die nabyheid nie. Die sogenaamde stat van Njabela is op ’n koppie in die voue van die Bothasberge gebou.
Haat dan die mens speel af op een van die groot eilande êrens in een van die groot riviere van suidelike Afrika en is gebaseer op ’n verhaal wat die oom op die eiland aan die skrywer vertel het.
Reeks-boeke Hy verwerf egter veral bekendheid vir die reekse wat hy vir boekklubs skryf, naamlik Die swart luiperd, Temmers van die woestyn, Die SA Polisie, Die Swerwerspeurder en Die woeste Laeveld. Hierdie reekse is vol spanning en opwinding en verskaf iets nuuts tydens die verskyning daarvan, aangesien dit eg Suid-Afrikaans is en nie op buitelandse modelle steun vir inspirasie nie.
Die swart luiperd-reeks Die swart luiperd is Leon Fouché, ’n jong Boerseun wie se ma reeds voor die Eerste Vryheidsoorlog deur die Basotho’s vermoor is. Sy pa trek dan die wildernis in en neem sy enigste seun saam. Na sy pa se dood vertoef Leon in die wildernis en klee hom in ’n swart luiperdmondering. Saam met sy mak luiperds, Simon en Spikkels, beleef hy verskeie avonture diep in die hartland van Afrika en kom vreemde wesens, diere en beskawings teen. So gewild is Die swart luiperd dat die uitgewers hierdie reeks na sy dood met ’n ander skrywer voortsit. F.A. Venter (onder die skuilnaam Meiring Fouché) dra nog 23 titels by tot Die swart luiperd.Skatkis Boeke: http://www.softcoverbooks.co.za/swart%20luiperd%20reeks%20pronk.html
Die temmers vn die woestyn-reeks Die temmers van die woestyn is ’n reeks sonder ’n deurlopende hoofkarakter en beskryf avonture in die dae toe die land nog woes en ongetem was en mense nog ver uitmekaar gebly het. R. Hendriks skryf ook na sy dood ’n groot aantal boeke in die Temmers van die woestyn-reeks.Skatkis Boeke: http://www.softcoverbooks.co.za/temmers%20van%20die%20woestyn%20reeks%20pronk.html
Die S.A. Polisie en Swerwerspeurder-reekse Die S.A. Polisie en Swerwerspeurder-reeks bestaan eintlik uit twee reekse, naamlik die S.A. Polisie-reeks (met die speurkonstabel Kobus Roode as held) en Die Swerwerspeurder-reeks (met die privaat speurder Obed de Swardt as held). Braam le Roux is oorlede voordat hy hierdie reekse kon voltooi en die uitgewer kombineer daarna die boeke in een reeks, sodat die hoofkarakters mekaar afwissel. Die gewildheid van die boeke noop hulle ook om vir Gys van Graan, Gerrie Radlof en Meiring Fouché te nader om ekstra boeke in die reeks te skryf.Skatkis Boeke: http://www.softcoverbooks.co.za/sa%20polisie%20reeks%20pronk.htmlSkatkis Boeke: http://www.softcoverbooks.co.za/swerwer%20speurder%20reeks%20pronk.html
Die Woeste Laeveld-reeks Saam met Dewald Brink skryf hy ook Die Woeste Laeveld-reeks. Dit is geskoei op die voorbeeld van die Wilde Weste-verhale uit Amerika en speel af in die tydperk 1885–1887, toe die ontdekking van goud honderde mense na die gebiede om Barberton laat stroom het. ’n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saamgehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse Polisie is nie in staat om hierdie wetteloosheid die hoof te bied nie.
Publikasies JaarPublikasiesSpringbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/braam_le_roux_boeke.html 1946Fiskale van Zimbabwe1948Die geheim van Njabela1950Honger wolwe1951Haat dan die mensOë in die muurBloed aan jou hande1952Hoonlag van die duiwel1957Die een wat laaste lagSwart Luiperd-reeks:1954Rooi MaskersKloue van die valkSkedels in die sandGemaskerde moordenaarsDie mensvreters van TsawoDie bloedboodskapKamerade van die draakDie kruipende doodDie galg in die oerwoudDie eiland van die blou duiwelsPyle van vuurDie mense van die meerDie dood kom stilMan sonder kopDie songod praatPad van die arendDie duiwel is ’n vrouGeheim van die wit heksGees uit die vuurWaar die dooies leefDans van die dood1955Bloedfees van die apeWraak van die gorillasVallei van gedrogteRooi is die watersFees van die kopbeenDie watermonster brul1956Geheim van die bergeNewels van verraadBloed op die maanDie laaste kreetDie groot voël sterfDie geheim van die groen hel1957Spoor na die onbekendeManne van die maanDraer van die bloedsteneDie gorillas kom!Tiere van die heilige woudVegters van die slanggodGoud en assegaaie1958Die jagters van BloedeilandKettings in die oerwoudOog van die SongodWraak van die woudBloed van die maagdTemmers van die woestyn-reeks:1953Die bekende vreemdelingDie wind beveelEk kom vannag1954Wyn met bloedGif vir die hartVlamme teen die horisonMoordenaar in witWind oor haar grafGestaltes in die skemerLantern in die nagNag van wraakGeraamtes op die duineSkaduwees op die krans1955Sluipers in die nagDie dal van vreesLied van die kloweBerg van verraadVlam van hartstogDie nagwind ween1956Wees sterk my hartDie nag het oëWolke voor die maanSwerwer uit die westeVrees is my erfenisVreemde maskersVer lê die môreDuiwels van die duineRidders uit die boseKring van die aasvoëlSwart wolk oor die Kalahari1957Wag tot dagbreekWolwe van die wildernisMoordenaars van die KosiesbergeSkerpioen van die Richtersveld1958Bloedspoor oor die kranseNag van verskrikkingDie wurgbendeKraaie oor die wapadDie rooi duiwelS.A. Polisie-reeks1954Monster uit die misMy metgesel die dood1955Vallei van wit beendereRivier van onheilTerwyl die nagwolf huilVrou van skarlakenEen uur vir SatanGeen galg vir jouGlimmende skedelsVrou in die skaduweesReën oor die bergeDie band van bloedSwerwerspeurder-reeks1956Riete in die windWraak is myneMet ’n druppel wynSterf om twaalfuur1957Kettings vir die sielVrees vannagDie Woeste Laeveld-reeks1950Vlam van die Laeveld (met Dewald Brink)Die poort van trane (met Dewald Brink)Vonnis van die berge (met Dewald Brink)Spore in die dou (met Dewald Brink)Beminde verraaier (met Dewald Brink)Geen vergiffenis (met Dewald Brink)1953Hoefslae teen middernagRuiters van die dood
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 1956