Varkslaaiook: varkwortel, snotwortel (Conicosia pugioniformis (L.) N.E.Br.) is 'n plantjie uit die vygiefamilie.
Beskrywing Dit is 'n plantjie met 'n penwortel wat 50 –100 cm lank kan word en blare wat dun en rond is, 15-20 lank kan word en wat grysgroen tot groen van kleur is. Dit het groot geel blomme (8 cm in diameter) met talle dunne blomblare.Invasive Plants of California's Wildlands , University of California Press, 2000, , bls. 177
Varkslaai is eetbaar en word in die kombuis, selfs in restaurants gebruik.
Dit is moontlik 'n gasheerspesie vir die nematode Globodera capensis, wat baie lyk soos die gevreesde en naverwante spesie G. rostochiensis wat aartappels aantas. Morfologies kan hulle nouliks onderskei word, maar wel met DNS-gebaseerde metodes.
Verspreiding Die plant is endemies aan Suid-Afrika.
In Kalifornië is dit 'n indringerplant op die strande aan die kus, maar dit is nie baie aggressief nie.
Subspesies Daar is drie subspesies: C.p. pugioniformis wat van die Kaap tot Vredendal voorkom C.p. alborosea word in Namakwaland aangetref C.p. muiri kom in die Suid-Kaap tot Humansdorp voor.
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
pugioniformis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika