Die Enkeldoringnoemnoem (Carissa spinarum L.Dit is die aanvaarde naam, daar is talle sinonieme ) is 'n groot struik of klein boom.

Die boom se FSA-nommer is 640.4

Verspreiding Dit kom voor in Mpumalanga en Limpopo, maar ook wydverspreid in Suid-Asië en Australië voorkom. Oorspronklik kom dit van Indië, Birma en die droë dele van Sri Lanka. In Afrika is die plant inheems in Angola, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kenia, Kaap Verde, Kameroen, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Réunion, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Seychelle, Soedan, Sokotra, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Dit groei van die kus tot 'n hoogte van 600 m, maar kan in die Himalaja tot op 1800 m aangetref word.

Beskrywing Die struik of boom word 5 m hoog en die takke dra skerp dorings wat 5 cm lank kan wees. Die blare is 3 – 7 cm lank en 1,5 tot 4 cm breed. Hulle is leeragtig en die bokant is donkergroen. Die onderkant is dof. Die blomme is wit en stervormig. Die vrugte lyk op 'n olyf, eers rooi en later swart. Hulle is eetbaar en kan so geëet word of indien hulle te suur is word jellie daarvan gemaak. Die pulp bevat 2-4 klein bruin saadjies.Carissa spinarum Edible Medicinal and Non-Medicinal Plants, bls. 240-246, 29 September 2011

Sinonieme Carissa spinarum is keer op keer deur plantkundiges onder 'n aantal name beskryf en word dikwels bespreek onder sy baie verouderde sinonieme:

Carissa abyssinica R.Br. Carissa africana A.DC. Carissa axillaris Roxb. Carissa brownii F.Muell. Carissa campenonii (Drake) Palacky Carissa candolleana Jaub. & Spach Carissa carandas var. congesta (Wight) Bedd. Carissa carandas var. paucinervia (A.DC.) Bedd. Carissa cochinchinensis Pierre ex Pit. Carissa comorensis (Pichon) Markgr. Carissa congesta Wight Carissa coriacea Wall. Carissa cornifolia Jaub. & Spach Carissa dalzellii Bedd. Carissa densiflora Baker Carissa diffusa Roxb. Carissa dulcis Schumach. & Thonn. Carissa edulis (Forssk.) Vahl C. edulis var. septentrionalis is waarskynlik 'n geldige spesie, Carissa septentrionalis Carissa hirsuta Roth Carissa horrida Pichon Carissa inermis Vahl Carissa lanceolata R.Br. Carissa laxiflora Benth. Carissa macrophylla Wall. Carissa madagascariensis Thouars ex Poir. Carissa obovata Markgr. Carissa oleoides Markgr. Carissa ovata R.Br. Carissa paucinervia A.DC. Carissa pilosa Schinz Carissa pubescens A.DC. Carissa revoluta Scott-Elliot Carissa richardiana Jaub. & Spach Carissa scabra R.Br. Carissa sechellensis Baker Carissa suavissima Bedd. ex Hook.f. Carissa tomentosa A.Rich. Carissa villosa Roxb. Carissa xylopicron Thouars Carissa yunnanensis Tsiang & P.T.Li

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Kategorie:Carissa Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kaap Verde Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mauritius Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Réunion Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Seychelle Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Sokotra Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe