Johan van Wyk (20 November 1956 - 27 Maart 2022) was ’n Afrikaanse digter en professor aan die Universiteit van Durban-Westville.
Lewe en werk André Johan van Wyk is op 20 November 1956 in Jansenstraat in Welkom in die Vrystaat gebore en word groot op sy geboortedorp. Sy vader is hier ingenieur op die myne, nadat hy in die veertigerjare in armoedige omstandighede as lid van ’n gesin van vyftien op die Oos-Rand grootgeword het. Johan het nog ’n broer en ’n suster. In Welkom gaan hy skool aan die Laerskool Dagbreek en toe Hoërskool Gimnasium, waarna die gesin in sy st. 7-jaar in 1969 verhuis na Mosambiek, waar sy vader aan die Cahora Bassa-damprojek werk. Hy sit sy skoolopleiding voort aan Bothashof in die destydse Salisbury (nou Harare) in Zimbabwe, waar hy in 1973 matrikuleer. 'n Jaar lank studeer hy aan die Randse Afrikaanse Universiteit en sit dan sy studie voort aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hier raak hy betrokke by politieke betogings teen die Apartheidsbeleid van die regering, waarvoor hy vir ’n paar weke in hegtenis geneem word. Hierna onderbreek hy sy studie en weier dan ook om militêre diensplig te doen. Onder meer probeer hy diensplig ontduik deur Swaziland (nou eSwatini) toe te vlug, waar hy drie maande lank in ’n tent in ’n woonwapark bly, onder meer by Ezulwini. Hy moet noodgedwonge terugkeer na Suid-Afrika om lewensmiddele te bekom en word in hegtenis geneem. Hierna bring hy tyd deur in die militêre detensiebarakke en in die militêre hospitaal. Eindelik word hy om sielkundige redes vrygestel van diensplig toe hy as skisofreen gediagnoseer word. Hy keer dan terug na die akademie waar hy (met twee vakke van die Universiteit van Suid-Afrika) in 1982 sy B.A.-graad voltooi met hoofvakke Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand. Daarna verwerf hy in 1983 ook sy B.A. Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands. In hierdie tyd (die laat jare sewentig en vroeë jare tagtig) woon hy op ’n kleinhoewe naby Boksburg, waarna hy hom in 1983 in Durban vestig.
Hy promoveer (Ph.D.-graad) in 1987 onder promotorskap van André P. Brink aan die Rhodes-universiteit met ’n studie oor Die dood, die minnaar en die Oedipale struktuur in die Ingrid Jonker-teks. Die biografiese gedeelte van hierdie werk publiseer die skrywer self later as Gesig van die liefde: Ingrid Jonker. Hy word in Januarie 1984 ’n junior lektor aan die Universiteit van Durban-Westville en word in 1989 bevorder tot lektor en in 1990 tot senior lektor. In 1989 is hy een van die skrywers wat genooi word om die geskiedkundige beraad met die ANC by die Victoria-waterval by te woon. Hy dien in die keurraad vir die Rapportprys vir Letterkunde in 1992 en vir die ATKV-prys in 1994. In Januarie 1994 word hy medeprofessor en ook koördineerder by die Centre for the Study of Southern African Literature and Languages (CSSALL) aan die Universiteit. Hierdie sentrum gee ook sy eie tydskrif, Alternation, uit. In die negentigerjare is hy verantwoordelik vir multidissiplinêre navorsing in post-apartheid en postkoloniale studies aan hierdie sentrum. In Januarie 2000 word hy bevorder tot vol professor en in 2001 word hy ook waarnemende direkteur van die School of Languages. In sy tyd aan die universiteit woon hy gereeld oorsese konferensies by en lewer ook talle referate.
Ten einde deel te wees van die volle integrasie van die samelewing, vestig hy hom in 1998 in Durban in ’n woonstel in Gillespiestraat in die Punt, een van die mindergegoede buurte. Hier gebruik vele jong mense, van alle rasse en ekonomiese agtergronde, sy woonstel as bymekaarkomplek. In 2002 word hy in die hospitaal opgeneem na ’n beroerte-aanval en in November 2002 word hy weer gehospitaliseer nadat ’n besete minnares hom met ’n mes en brandblusser in sy woonstel aangeval het. In 2003 tree hy weens mediese ongeskiktheid af. Hy woon vir ’n ruk hierna by sy ouers in Bloemfontein, waarna hy na Kaapstad verhuis.
Tydens sy akademiese loopbaan bied hy verskeie referate aan by plaaslike en internasionale konferensies, onder andere in Brasilië, Kanada, Duitsland, Nederland en Pole en lewer hy bydraes vir verskeie boeke oor die letterkunde. Sy vakkundige artikels verskyn in tydskrifte soos Ensovoort, Standpunte, Stilet, Journal of Literary Studies, Literator, Karring, Insig en Alternation. Van sy boekresensies verskyn in Oggendblad, Vrye Weekblad, Upstream, Die Suid-Afrikaan en Alternation. Hy is ook ’n behendige skilder. Hy is getroud met Liesbet Grobler en die egpaar het twee kinders, maar sy vrou werk en woon meestal in Kaapstad. Hy het ook ’n kind uit ’n vorige verhouding. Johan van Wyk is op 27 Maart 2022 oorlede.
Skryfwerk Poësie Op skool het hy reeds ’n belangstelling in skryf en syCloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 17 no. 2, Mei 1979 eerste gedigte en verhale verskyn in hierdie tyd.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 19 no. 3, September 1979 Sommige daarvan word Malan, Charles “Die Transvaler” 2 Desember 1978 gepubliseer in die skool se jaarblaaie en later verskyn van sy eerste verse in Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde. In die sewentigerjare en vroeg tagtigs is hy saam met Vanda van Spuyk prominent met die uitgee van “ondergrondse letterkunde” in die vorm van afgerolde pamflette as protes teen die streng toepassing van sensuur in daardie tyd en stig hy ook die onafhanklike letterkundige tydskrif Spado. Gedurende hierdie tyd en later verskyn verskeie van sy gedigte in tydskrifte soos Donga, Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde, Inspan, The bloody horse, Graffier, Ensovoort, Stet, Tagtiger en Ons Klyntji, terwyl dit ook opgeneem word in die April 1985 uitgawe van die Belgiese tydskrif Kruispunt.
Sy debuutbundelBrink, André P. “Rapport” 21 November 1976 “Deur die oog van die luiperd” verskyn inBrink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg
Eerste uitgawe 1980 sy tweede jaar op universiteit toe hy slegs negentien jaar oud is. Dit trek onmiddellik die aandag weens die onkonvensionaliteit van die gedigte en die sterk protes wat daar teen die establishment in al sy vorms,Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 17 no.2, Junie 1977 veral die regering en die kerk, uitgespreek word. Die titel van die bundel verwys na Etienne Leroux se formuleringCoetzee, A.J. “Standpunte” Nuwe reeks 137, Oktober 1978 daarvan in “Een vir Azazel”, naamlik dat hier gekyk word deur die oog van die swaksinnige idioot, die heilige, die digter en die skrywer, wat die poort oopsluit en die waarnemings groot en intens maak, om sodoende die self innerlik vry te maak. Die gedigte is beskrywend van ’n mens in ’n wêreld van waansin en geweld, waar die enkeling hom gedurig tussen die teenpole van verdoemenis en redding bevind. Soms word onsamehangende of droomtaal gebruik, in lyn met die dadaïsme wat in opstand is teen die rasionaliteit van die werklikheid, terwyl surrealisme ook oorvloediglik gebruik word. Die stryd tussen die demoniese en die Christelike is ook ’n deurlopende tema. Die openingsgedig, “hieronymus bosch se koringwa”, stel reeds die tematiek van die bundel voor en inisieer ’n proses wat later ’n groot invloed op sy digkuns uitoefen, naamlik gedigte oor kunswerke. Die angswekkende visioene van Bosch met hulle perverse seks word hier verbind met die sondeval, terwyl dié wat agter die koringwa loop met die bestaansnood van die hedendaagse mens gevul word. Die bundel word in twee afdelings verdeel, “Een” en “Twee”. “Redenasie” (gedig “I”) probeer om in geradbraakte Nederlands meer gesag te verleen aan die “plaastaal” Afrikaans en skreeu uit teen die monster van die politici en geweld en die verskrikkinge wat die kunswerk vasvang. “XXXI” (“Josef Adonis het oor die tou getrap”) is ’n pervertering van die Christus-verhaal, verplaas na die banale omgewing van ’n stadsagterbuurt. “XLI” (“somerbaiereëns was die beendere”) beskryf die lyding en veral die vernedering van die swart mense, met die vermaning dat hoewel God se hande magteloos is om in te gryp, sy oë sal onthou.
Die opvolgbundel,Brink, André P. “Rapport” 29 Oktober 1978 “Heldedade kom nie dikwels voor nie”,Brink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg toon ’n groter taal- en tegniese vaardigheid as in sy debuut, asook ’n subtieler woordkeuse. Die eerste van drie afdelings maak gebruik van interpretasie van skilderye. Dit lei dus tot herskepping en interpretasie, met die verhouding en afstand tussen die kunswerk en waarnemer as nuwe skeppingspunt. Die kunswerk het nou gestol en die perspektief van die waarnemer word verhef as kommentaar op persoonlike en tydgenootlike probleme. Die openingsgedig is “Hoe ydel die onsterflikheid”, waarin die digter heenwys na verskeie van die skilderye wat hy in afsonderlike gedigte ontleed. Die bundeltitel verkry hier ’n ironiese betekenis as die “heldefigure” in die skilderye so blootgestel word aan inspeksie en die helde blyk om alledaags te wees, as’t ware gevangenes in die skildery is, vasgevang in ’n “huwelik van vlees en verf”. “Die dood van Marat” (’n skildery deur die Franse skilder Jacques-Louis David) beeld die dood uit van hierdie revolusionêr, wat deur ’n jong vroulike fanatikus, Charlotte Corday, in sy bad doodgesteek is. Die suggestie is duidelik dat Marat geen bevryder was nie, met sy hand “sonder ’n spykermerk”. ’n Belangrike gedig is “Die vuurhoutjieverkopertjie”, wat ten spyte van die vuurhoutjies wat hy verkoop nie lig of hitte kan maak nie en inderdaad in die donker en koue verkeer, letterlik en figuurlik. Hierdie afdeling word afgesluit met “Boesmans teken pylskerp” waarin die digter enkele hoogtepunte uit die kunsgeskiedenis opteken, toe dinge van blywende waarde geskep is. Die tweede afdeling bevat gedigte oor die woordkuns, geweld en menslike wreedhede, met “Non” wat die verkragting en moord op ’n non uitbeeld. Die derde afdeling bevat meer persoonlike gedigte, met “’n Boom” wat surrealistiese effekte gebruik. Die boom word beskryf as beskermheer van voëls, miere en besies en sy infrastruktuur is ’n verkeersnetwerk vir insekte, wat dan daartoe lei dat die digter die stad met sy motors en busse met hierdie verkeer op die boom assosieer. Die boom is vasgeanker in die grond, wat assosiasies uitlok met die beskerming wat die wind teen die wind en reën bied, terwyl die skaduwee wat die boom gooi oor die grond en die toppunt van die boom wat uitreik na die lug en hemelruim assosiasies met reis, selfs ruimtereis, tot gevolg het. Die bundel bereik telkens treffende surrealistiese effekte met sy besondere manier van kyk. T.T. Cloete noem hierdie ’n bundel “van ’n onvergelyklike suiwerheid en individualiteit”Tydskrif vir Letterkunde Mei 1979
“Bome gaan dood om jou”Brink, André P. “Standpunte” Nuwe reeks 161, Oktober 1982 is in wese ’n punk- en pop-digbundel wat sterk ek-gerig is,Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 22 no. 2, Junie 1982 met verskeie verwysings na die waansin van die ek in ʼnCloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 20 no. 3, Augustus 1982 onsimpatieke wêreld. Surrealistiese verse word weer gebruik in hierdie intens intieme losmakingsproses van die digter van homself.Pretorius, Wessel “Die Transvaler” 10 Augustus 1981 Die bestaan tussen lewe en dood word in die bundel verwoord, tesame met die eensaamheid en die gedurige sloping wat plaasvind, soos reeds in die bundeltitel aangeraak word. Die surrealistiese beelde in “Skaapkop in ’n pot” bekoor, terwyl die jeugherinneringe in “Skoolseunblues” van die skoolmeisie op wie die spreker verlief was, ook tref. Hoewel hierdie bundel ontdaan is van gedigte oor skilderye, is daar tog ’n surrealistiese vers oor “Hieronymus Bosch” opgeneem.