Meyhendi Zhann was die skuilnaam van die dramaturg J.H. Meyer (1899- onbekend).
Lewe en werk Jan Hendrik Meyer is op 27 Junie 1899 op die plaas Platjiesdrift in die distrik Humansdorp gebore as een van sewentien kinders van Cornelius Meyer en Martha Maria Munro. Hy het agt broers en agt susters.Wikitree webwerf: http://www.wikitree.com/wiki/Meyer-5534 Hier op die plaasskool ontvang hy sy eerste onderwys en gaan daarna na die dorpskool, waar hy matrikuleer. In 1918 tree hy tot die Staatsdiens toe. Hy word magistraat en bly op verskeie plekke in die land, waarna hy hom in Boshof in die Vrystaat vestig.Lewensbesonderhede soos in P.J. Nienaber se “Hier is ons skrywers”, bladsye 249-250 Hy was getroud.
Skryfwerk Hy begin op ’n jong ouderdom om gedigte te skryf, wat hy voordra by die plaaslike debatsvereniging. Later skakel hy egter oor na die skryf van toneelstukke. Sy skrywersnaam, Meyhendi Zhann, het ontstaan na ’n rondskommeling van sy volle name en van.
Wanneer plig moet swig is ’n speurdrama waarin ’n speurder eindelik die moordenaar van sy oorlede vader opspoor, net om uit te vind dat dit die vader is van sy nuutste liefde. Die drama het volop aksie en onverwagte (en onwaarskynlike) wendings en is duidelik slegs daarop uit om te vermaak.
Die drama Gedwarsboom behandel die gevolge van ’n konflik na aanleiding van standverskil. Hy skryf verskeie ander ongepubliseerde dramas.
Publikasies JaarPublikasies1933Wanneer plig moet swig1935Gedwarsboom
Bronnelys
Boeke Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Internet Wikitree: http://www.wikitree.com/wiki/Meyer-5534
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge Kategorie:Geboortes in 1899