Hierdie artikel handel oor die planeet Mercurius. Vir ander betekenisse van die naam, sien Mercurius (dubbelsinnig).
Mercurius is die kleinste planeet in die Sonnestelsel en die naaste een aan die Son. Een omwenteling van Mercurius om die Son duur 87,97 aarddae, die kortste van al die planete. Dit is genoem na die Romeinse god Mercurius, die god van handel, die boodskapper van die gode en die tussenganger tussen gode en sterflinge. Hy stem ooreen met die Griekse god Hermes.
Nes Venus wentel Mercurius binne die Aarde se wentelbaan om die Son en sy skynbare afstand van die Son soos van die Aarde af gesien is nooit meer as 28° nie. Dié nabyheid aan die Son beteken die planeet kan net ná sonsondergang naby die westelike horison en voor sonsopkom naby die oostelike horison gesien word, gewoonlik in die skemerlig. Dan kan dit as 'n helder steragtige voorwerp gesien word, maar dit is moeiliker om te sien as Venus. Van die aarde af vertoon die planeet die volle siklus van fases, soortgelyk aan Venus en die Maan, wat oor sy sinodiese periode (ten opsigte van die Aarde en die Son) van sowat 116 dae gesien kan word. Mercurius se sinodiese afstand van die Aarde af maak dat hy die grootste deel van die tyd die Aarde se naaste planeet is, hoewel Venus soms nader aan die aarde kom as wat enige ander planeet kan.
Mercurius roteer op 'n unieke manier in die Sonnestelsel. Dit is in 'n rotasie-omwenteling-resonansie van 3:2 met die Son, Extract of page 51 wat beteken ten opsigte van die vaste sterre roteer dit om sy eie as drie keer vir elke twee omwentelings om die Son.In sterrekunde het die woorde "rotasie" en "omwenteling" verskillende betekenisse. "Rotasie" is die draai van 'n liggaam om sy eie as, soos die Aarde wat een keer per dag om sy as roteer. "Omwenteling" is 'n beweging om 'n sentrum buite die liggaam, soos die Aarde wat in 'n jaar om die Son wentel.
duimnael|links|140px|'n Vergelyking in grootte tussen Mercurius en die Aarde. Mercurius se as het die kleinste ashelling van al die planete in die sonnestelsel (sowat graad). Sy eksentrisiteit (hoe ver sy wentelbaan van 'n ronde sirkel afwyk) is die grootste van al die planete Pluto is van sy ontdekking in 1930 tot in 2006 as 'n planeet beskou, maar is sedertdien as 'n dwergplaneet herklassifiseer. Pluto se eksentrisiteit is groter as Mercurius s'n. Pluto is ook kleiner as Mercurius, maar tot in 1976 is geglo dit is groter. met perihelium; sy afstand van die Son is dan net sowat twee derdes (of 66%) van sy afstand met afelium.
Mercurius se oppervlak het talle kraters en lyk nes die Maan s'n, wat daarop dui dat dit al miljarde jare lank geologies onaktief is. Omdat dit feitlik geen atmosfeer het wat hitte kan behou nie, het dit oppervlaktemperature wat meer as dié van enige ander planeet in die Sonnestelsel verskil tussen dag en nag; dit wissel in die ewenaarstreke van omtrent 100 K () snags tot 700 K () bedags. Die poolstreke is heeltyds onder 180 K (). Die planeet het geen natuurlike satelliet nie.
Twee ruimtetuie het Mercurius al besoek: Mariner 10, wat in 1974 'n verbyvlug gedoen het, en Messenger, wat in 2004 gelanseer en in vier jaar meer as 4 000 keer om Mercurius gewentel het voordat sy brandstof opgeraak en dit op 30 April 2015 teen die planeet se oppervlak gebots het. Die BepiColombo-ruimtetuig sal volgens beplanning in 2025 by Mercurius aankom.
Die ou Romeine het die planeet na die boodskappergod, Mercurius, genoem vanweë die vinnige beweging van die planeet tydens sonsondergang. Die sterrekundige simbool van Mercurius is 16px. Voor die 5de eeu v.C., het Griekse sterrekundiges geglo die planeet is twee aparte voorwerpe; dit het saans as Hermes bekend gestaan en soggens as Apollo. Pythagoras was die eerste mens wat voorgestel het dat dit dieselfde voorwerp is wat slegs in verskillende posisies waargeneem word.
Fisiese eienskappe Mercurius is een van vier aardplanete in die Sonnestelsel, soos die Aarde. Dit is die kleinste planeet, met 'n radius van 2 439,7 km by die ewenaar. Mercurius is ook kleiner, maar swaarder, as die grootste mane, Ganumedes en Titaan. Mercurius bestaan uit sowat 70% metaliese en 30% silikaatmateriaal.
Interne struktuur upright=1.6|links|thumb|Mercurius se interne struktuur en magneetveld.
Dit lyk of Mercurius 'n soliede silikaatkors en het bo-op 'n soliede buitekern van ystersulfied, 'n dieper buitekern van vloeistof en 'n soliede binnekern. Die planeet het die tweede grootste digtheid in die Sonnestelsel: 5,427 g/cm3, net effens kleiner as die Aarde s'n van 5,515 g/cm3. As die uitwerking van swaartekragsamepersing buite rekening gelaat kan word, sou die materiale waaruit Mercurius bestaan, digter as dié van die Aarde gewees het, met 'n onsaamgeperste 5,3 g/cm3 teenoor die Aarde se 4,4 g/cm3.
Mercurius se digtheid kan gebruik word om besonderhede van sy innerlike struktuur af te lei. Hoewel die Aarde se groot digtheid in 'n groot mate veroorsaak is deur swaartekragsamepersing, veral by die planeet se kern, is Mercurius baie kleiner en sy innerlike streke is nie so saamgepers nie. Om so 'n groot digtheid te hê moet sy kern groot en ryk aan yster wees.
Die radius van Mercurius se kern word geraam op 2 020 ± 30 km. Daarom beslaan sy kern sowat 57% van sy volume; vir die Aarde is die proporsie 17%. Volgens die resultate van navorsing wat in 2007 gepubliseer is, het Mercurius 'n gesmelte kern. Om die kern is 'n mantel van 500-700 km wat uit silikate bestaan. Volgens data van Mariner 10, Messenger en aardgebaseerde waarnemings het Mercurius 'n kors van sowat 35 km dik. Die kors kan egter tot net 26 km dik wees.
'n Besonderse kenmerk van Mercurius se oppervlak is die teenwoordigheid van talle smal riwwe van tot 'n paar honderd kilometer lank. Vermoedens is dat hulle gevorm het toe Mercurius se kern en mantel afgekoel het nadat sy kors reeds hard geword het.
Mercurius se kern het 'n baie hoër ysterinhoud as dié van enige ander planeet in die Sonnestelsel, en verskeie teorieë is voorgestel om dit te verduidelik. Die mees aanvaarde teorie is dat Mercurius oorspronklik 'n metaalverhouding gehad het soortgelyk aan dié van algemene chondrietmeteoriete, wat vermoedelik tipies van die Sonnestelsel se rotsagtige materie is, en 'n massa van sowat 2,25 keer sy huidige massa. Vroeg in sy geskiedenis kon Mercurius getref gewees het deur 'n planetesimaal van sowat van sy massa en verskeie duisende kilometers breed. Die botsing sou baie van sy oorspronklike kors en mantel weggestroop het en 'n kern as 'n taamlike groot komponent agtergelaat het. 'n Soortgelyke proses, bekend as die reusebotsingshipotese, is voorgestel vir hoe die Maan gevorm het.
Alternatiewelik kon Mercurius gevorm het uit die sonnewel voordat die Son se energie-uitset gestabiliseer het. Die planeet sou aanvanklik twee keer sy huidige massa gehad het, maar namate die protoson gekrimp het, kon temperature naby Mercurius tussen 2 500 en 3 500 K gewees het, en selfs so hoog as 10 000 K. 'n Groot deel van Mercurius se oppervlakrotse kon by sulke temperature verdamp het en 'n atmosfeer van "rotsdamp" gevorm het wat deur die sonwind weggewaai kon gewees het.
Volgens 'n derde hipotese het die sonnewel sleurkrag uitgeoefen op die deeltjies waaruit Mercurius materiaal aangetrek het, wat beteken die ligter deeltjies het verlore gegaan en is nie deur Mercurius aangetrek nie.
Elke hipotese voorspel 'n ander oppervlaksamestelling, en twee ruimtesendings is van stapel gestuur om waarnemings van dié samestelling te doen. Die eerste, die Messenger-sending wat in 2015 geëindig het, het hoër vlakke van swael en kalium op die oppervlak gekry. Dit sluit die reuse-impakhipotese en verdamping van die kors en mantel uit, want dié swael en kalium sou deur die uiterse hitte van dié voorvalle weggedryf gewees het.
BepiColombo, wat Mercurius in 2025 sal bereik, sal waarnemings doen om dié hipoteses te toets. Die bevindings tot dusver ondersteun skynbaar die derde hipotese; nog ontledings van die data is egter nodig.
Oppervlakgeologie Mercurius se oppervlak lyk baie soos die Maan s'n, met baie mare-agtige vlaktes en talle kraters, wat aandui dat dit miljarde jare lank al onaktief is. Dit is meer heterogeen as die oppervlak van Mars of die Maan, wat albei aansienlike gebiede van eenderse geologie bevat, soos "seë" en plato's. Die albedo wissel aansienlik tussen byvoorbeeld slagkraters en die gevolglike ejekta en straalstelsels. Hoe hoër die weerkaatsende vermoë van die verskynsel, hoe groter die albedo. Mercurius het riwwe, maanagtige hooglande, berge (montes), vlaktes (planitiae), eskarpe (rupes) en valleie (valles).
thumb|links|220px|'n Spektrumskandering deur Messenger van Mercurius se oppervlak. thumb|220px|links|'n Foto met versterkte kleure van die kraters Munch, Sander en Poe, met vulkaanvlaktes (oranje), naby die Calorisbekken. Die planeet se mantel is chemies heterogeen, wat aandui die planeet kon vroeg in sy geskiedenis deur 'n magma-oseaan-stadium gegaan het. Die kristallisasie van minerale het gelei tot 'n gelaagde, chemies heterogene kors met grootskaalse variasies in chemiese samestelling, wat op die oppervlak gesien kan word. Die kors bevat min yster, maar baie swael. Dit is vanweë die sterker vroeë chemies verminderende toestande wat in ander aardplanete ook voorkom. Die oppervlak word oorheers deur ysterarm piroxeen en olivien, soos verteenwoordig word deur onderskeidelik enstatiet en forsteriet, asook natriumryke plagioklaas en minerale van 'n mengsel van magnesium, kalsium en ystersulfied. Die minder weerkaatsende streke van die kors bevat baie koolstof, waarskynlik in die vorm van grafiet.
Name vir Mercurius se verskynsels kom uit verskeie bronne. Name wat van mense af kom, is beperk tot dié van oorledenes. Kraters is na kunstenaars, musikante, skilders en skrywers genoem wat uitsonderlike bydraes op hulle gebied gelewer het. Riwwe is genoem na wetenskaplikes wat bygedra het tot die bestudering van Mercurius, depressies na argitektoniese werke, berge na die woord vir "warm" in verskeie tale, en vlaktes na die naam van die god Mercurius in verskeie tale. Eskarpe is genoem na skepe van wetenskaplike ekspedisies en valleie na verlate stede, dorpe of nedersettings uit die antieke tyd.
Slagkraters en bekkens Mercurius is gedurende en kort ná sy vorming 4,6 miljard jaar gelede getref deur talle komete en asteroïdes, asook daarna in 'n aparte voorval bekend as die Groot Bombardement, wat 3,8 miljard gelede opgehou het. Mercurius is oor sy hele oppervlak getref in dié tyd van groot kratervorming, wat aangehelp is deur die feit dat dit geen atmosfeer het wat die voorwerpe se spoed kon verminder nie.
In dié tyd was Mercurius vulkanies aktief; bekkens is deur magma gevul, wat gladde vlaktes geskep het soortglyk aan die seë op die Maan. Een van die ongewoonste kraters is Apollodorus, of "die Spinnekop", wat talle trôe het wat van die plek van impak uitwaarts na die kante loop.
Kraters op Mercurius wissel van klein gate tot slagbekkens met ringe wat honderde kilometers breed is. Hulle kom voor in alle toestande van degradasie, van relatief vars kraters tot hoogs gedegradeerde krateroorblyfsels. Die kraters verskil effens van die maan s'n deurdat die gebiede wat deur die ejekta getref is, baie kleiner is: 'n gevolg van Mercurius se groter oppervlakswaartekrag. Volgens die reëls van die IAU moet elke nuwe krater genoem word na 'n kunstenaar wat minstens 50 jaar lank beroemd was en langer as drie jaar dood is. Daarna volg die datum waarop die krater 'n naam gekry het.
Die grootste bekende krater is Caloris Planitia, of die Calorisbekken, met 'n deursnee van 1 550 km. Die slag wat die Calorisbekken veroorsaak het, was so kragtig dat dit lawauitbarstings veroorsaak het en 'n konsentriese, bergagtige ring van ~2 km hoog om die krater agtergelaat het. Die bodem van die bekken is gevul deur 'n plat vlakte wat onderbreek word deur riwwe en krake wat na buite loop.