Zürich 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Kanton 20px Zürich Koördinate Stigting 1ste eeu v.C. Oppervlakte: - Totaal 87,93 vk km Hoogte bo seevlak 408 m Bevolking: - Totaal (2020) 421 878 - Bevolkingsdigtheid 4 798/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat Bernhard Mühr: Die klimaat van Zürich-Kloten - Tipe Gematigde klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,8 °C - Gem. temp. Januarie/Julie -1,2 / 16,9 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1 020 mm Stadspresident Corine Mauch (SP) Amptelike webwerf Stadt Zürich
Zürich (Züridüütsch/Zürich-Duits: Züri, [ˈt͡sʏrɪ]; Frans: Zurich, [zyʁik]; Italiaans: Zurigo, [tsuˈriːɡo, dzu-]; Romansch: Turitg, ) is die grootste stad en ekonomiese sentrum van Switserland met 'n bevolking van 421 878 (soos in 2020) binne die stadsgrense. Sowat 1,9 miljoen of byna 'n kwart van die totale Switserse bevolking is in die groter metropolitaanse gebied van Zürich (Metropolraum Zürich) saamgetrek. Statistik Stadt Zürich: Statistisches Jahrbuch der Stadt Zürich 2014, bl. 15
Zürich is die ekonomiese, wetenskaplike en maatskaplike spilpunt van Switserland. Die stad is in die oostelike Switserse Middelland-streek geleë en fungeer as die hoofstad van die gelyknamige kanton. Die belangrikste internasionale lughawe van Switserland, Zürich-Kloten, is naby die stad geleë en maak van die stad, net soos sy hoofstasie, 'n internasionale vervoerspilpunt. Danksy sy ligging aan die Zürichmeer, sy goed bewaarde historiese stadskern, sy ryk kultuurlewe en sy polsende naglewe is Zürich ook 'n eersterangse toeristetrekpleister in Switserland.
duimnael|links|Skemertyd in Zürich. Die drie groot kerkgeboue aan weerskante van die Limmat-rivier is – van links na regs – Fraumünster, St. Peter en Grossmünster In die Romeinse tydperk het die stad onder sy Latynse naam Turicum bekend gestaan, terwyl dit in die plaaslike Duits-Alemanniese dialek Züri genoem word. Zürich het van 'n Romeinse militêre basis tot 'n belangrike nedersetting gegroei wat in 1262 die status van "Vrye Ryksstad" verwerf het en in 1351 by die Switserse Konfederasie aangesluit het. In die tydperk van die Protestantse Hervorming het die kerkhervormer Ulrich Zwingli sy invloed op die godsdienstige lewe laat geld. So het die Reformasie in Switserland sy aanvang in 1523 in Zürich geneem.
In die 19de eeu het die nywerheidsomwenteling van Zürich die ekonomiese metropool van Switserland gemaak. Die eerste Switserse spoorlyn, wat die stad met Baden verbind het, is hier in 1847 ingewy. Dertig jaar later het Zürich se effektebeurs, tans een van die vernaamstes ter wêreld, sy deure geopen. Danksy talle groot banke (waaronder UBS en Credit Suisse) en versekerings (Zürich Insurance Group en Swiss Re) wat hier hulle hoofkwartiere het, het Zürich tot een van die wêreld se voorste finansiële sentrums ontwikkel.
Zürich is daarnaas die tweede belangrikste sentrum van die internasionale goudhandel. 'n Groot getal media-ondernemings, waaronder Switserland se uitsaaikorporasie, het hul hoofkwartiere in Zürich. Ondanks sy relatief klein bevolking word Zürich derhalwe as een van die wêreldstede beskou en al jare lank as een van die stede met die hoogste lewensgehalte gelys, maar sedert 2012 ook as die duurste, nog voor Tokio en Genève.
Die kulturele lewe het sy hoogtepunt tydens die Eerste Wêreldoorlog bereik. Politieke vlugtelinge en kunstenaars van dwarsoor Europa het na die Switserse metropool gestroom, waaronder die Ierse skrywer James Joyce. Joyce het in 1915 vanuit Triest na Zürich verhuis en hier vier jaar lank gebly om die grootste deel van sy roman Ulysses te skryf. In 1940 het hy na Zürich teruggekeer. Hy is in die volgende jaar oorlede en op die plaaslike Fluntern-begraafplaas ter ruste gelê.
Zürich het in die oorlogsjare ook die bakermat van dadaïsme geword – 'n kunsstroming wat in die Cabaret Voltaire in Spiegelgasse ontstaan het.
Etimologie duimnael|links|P(rae)P(ositus) STA(tionis) TVRICEN(sis): "Hoof van die Zürich-doeanestasie". Uittreksel uit Lucius Aelius Urbicus se grafsteen (ca. 185–200 n.C.), ontdek in 1747 duimnael|MON(eta) NOV(a) THVRICENSIS CIVIT(atis) IMPERIALIS: "Nuwe muntstuk van die Rykstad Zürich", in 1512 (met die stadbeskermhere Felix, Regula en Exuperantius) duimnael|Tigurum pleks van Turicum: Die Nieu-Latynse naam is uitgevind deur geleerdes uit die vroeë 16de eeu (½ daaler uit 1721) Die naam "Zürich" word in Switserse Hoogduits met 'n kort ü uitgespreek ([ˈt͡sʏrɪç]) Die Aussprache des Hochdeutschen in der Schweiz. Eine Wegleitung. Im Auftrag der Schweizerischen Siebs-Kommission hrsg. von Bruno Boesch. Schweizer Spiegel Verlag, Zürich 1957, bl. 39; Duden. Die deutsche Rechtschreibung. Hrsg. von der Dudenredaktion. 26. Auflage. Dudenverlag, Berlin/Mannheim/Zürich 2013, bl. 1206. en in Duitse Hoogduits met 'n lang ü ([ˈt͡syːʁɪç]). Die Zürich-Duitse uitspraak is Züri ([ˈt͡sʏ̞rɪ, ˈt͡sʏrɪ, ˈt͡sy̞rɪ]) met 'n kort ü en 'n stil ch. ortsnamen.ch – das Portal der schweizerischen Ortsnamenforschung. In die vierde amptelike taal van Switserland, Romansch, is die stadsnaam in Sursilvan, Sutsilvan, Surmiran en Rumantsch Grischun Turitg, in Vallader en Putèr Turich ([tuˈritɕ], ). Die Latyne naam tydens die Romeinse tydperk was Turicum.
Na die stadsnaam is vir die eerste keer tussen 185 en 200 n.C. op Lucius Aelius Urbicus se grafsteen as sta Turicen verwys, wat as stationis Turicensis gelees moet word. Die selfstandige naamwoord Turicum is uit die byvoeglike naamwoord gerekonstrueer. Die Duitse naam is vir die eerste keer rondom 700 gebruik, toe die (anonieme) geograaf van Ravenna in sy werk "Cosmographia" na die stad as Ziurichi verwys het; die skryfwyse met "iu" staan moontlik vir die i-umlaut en daarmee vir die klank ü.
Oor die oorspronklike betekenis van die naam bestaan daar verskeie teorieë: Volgens die teorie met die meeste erkenning is die naam Zürich ontleen aan die persoonsnaam Tūros wat 'n agtervoegsel -īcon bygekry het, waarvolgens die stadsnaam "behoort aan die Tūros" beteken in die sin van "Tūros se nedersetting". Lexikon der schweizerischen Gemeindenamen. Hrsg. vom Centre de Dialectologie an der Universität Neuenburg unter der Leitung von Andres Kristol. Frauenfeld/Lausanne 2005, bl. 992 v. Manfred Niemeyer (Hrsg.): Deutsches Ortsnamenbuch. Walter de Gruyter, Berlin/Boston 2012, , bl. 719, doi:10.1515/9783110258028. Wat die taal van die persoonsnaam betref, het wetenskaplikes eers tale soos Veneties of Illiries vermoed, maar deesdae word 'n Keltiese taal veronderstel. Wulf Müller verwerp in sy in 2011 gepubliseerde verduideliking die beklemtoning op die voorlaaste lettergreep van die Latynse stadsnaam Turicum (dus op die i) en vermoed die beklemtoning op die eerste lettergreep (dus op die u) en lei die naam af van 'n riviernaam *Turos wat die naam van 'n voormalige Sihl-sytak sou gewees het. Volgens 'n in 2019 deur Theo Vennemann gepubliseerde tese is daar 'n verband tussen die stadsnaam Zürich en stadsname met Dürr-, Dürk- of Türk- wat algemeen in Sentraal-Europa voorkom, waarvoor hy 'n gemeenskaplike Vaskoniese oorsprong voorstel. Zürich sou dus "by die bron" beteken. Theo Vennemann: Zum Namen Zürichs und anderer Quell- und Brunnorte. In: Raum und Sprache; Festschrift für Elvira Glaser. Hrsg. von Andreas Nievergelt und Ludwig Rübekeil. Heidelberg 2019, bl. 555–576. Volgens 'n ouer verduideliking, wat in die wetenskap nie langer aanvaar word nie, is die naam ontleen aan die woorde *dur ("lopende water") en *acum ("woonplek, nedersetting"), waarvolgens dit "waterstad" sou beteken. Heinrich Meyer: Die Ortsnamen des Kantons Zürich. Aus den Urkunden gesammelt und erläutert. Zürcher und Furrer, Zürich 1849, bl. 102. Felix Stähelin: Besprechungen. In: Zeitschrift für schweizerische Geschichte 21, 1941, bl. 121 v. Naamverklarings van die Humanisme was volksetimologies van aard. In 1578 het Heinrich Pantaleon die stadsnaam van die Middellatynse Duregum of die Duitse Zürych afgelei en dit as "Zweireich" geïnterpreteer, aangesien die rivier Limmat in ou tye glo die grens tussen die twee ryke Alemannië en Boergondië sou gewees het. Schweizerisches Idiotikon, Band VI, Spalte 152, Artikel Rīch (Digitalisat). Volgens Laat Middeleeuse kroniekskrywers is die stad na 'n beweerde koning Turicus genoem Johann Caspar Bluntschli: Geschichte der Republik Zürich. Erster Band, 2. Auflage. Schulthe, Zürich 1870, bl. 2 v. of dit is afgelei van die Romeinse godin Diana se bynaam Taurica. Leo Cunibert Mohlberg: Das Zürcher Psalterium (Car C 161 = N° 324) und das darin enthaltene sogenannte Schatzverzeichnis des Grossmünsters, mit vorläufigen Bemerkungen zur ältesten Kirchengeschichte Zürichs. In: Zeitschrift für schweizerische Archäologie und Kunstgeschichte. Band 5, 1943, , bl. 31–51, hier bl. 39 f. (skandering – E-Periodica).
Na aanleiding van die geografiese of historiese gebeurtenisse word Zürich nieamptelik ook "Limmatstadt" of "Zwinglistadt" genoem. Met verwysing na die werk van die 18de-eeuse Zürichse verligters, waaronder Johann Jakob Bodmer, Johann Jakob Breitinger en Johann Caspar Lavater, maar ook die Switserse nasionale tentoonstelling in 1883, word die stad ook "Limmat-Athen" genoem. Limmat-Athen beleuchtet im festlichen Glanze durch den Diamant, oder Zürich und die Schweiz. Landes-Ausstellung im Jahre 1883. J. A. Preuss, Zürich , doi:10.3931/e-rara-20617, Digitalisat. In: e-rara.ch, verkry op 16 November 2016. Niklaus Bigler: Von Mostindien bis Mutzopotamien. Ortsnamen im «Postheiri». In: Festgabe für Peter Dalcher. Hrsg. von der Redaktion des Schweizerdeutschen Wörterbuchs. Zürich 1987, bl. 41–53 (idiotikon.ch [PDF; 5,2 MB]).
In Nieu-Latynse tekste van die 16de tot die 18de eeu word Zürich dikwels Tigurum genoem; as byvoeglike naamwoord ("Zürcher") word Tigurinus gebruik. Humanistiese geleerdes het die Tiguriner, wat deur die Romeinse gevrees is, verkeerdelik geassosieer met Zürich. Friedrich Salomon Vögelin: Zürich in römischer Zeit. Zürich 1890, bl. 86–93 (aanlyn).
Geskiedenis duimnael|links|upright|Die Fraumünster-kerk Zürich het al voor die Romeinse verowering van Helvetië in 15 v.C. as 'n klein Keltiese nedersetting bestaan. Onder die Romeinse heerskappy was dit 'n relatief klein dorp (Latyns: vicus) en doeanepos met sowat 250 inwoners, Turicum, aan die grens tussen die provinsies Gallia en Rhaetia. Die laaste Romeinse soldate het die fort, wat in die vierde eeu n.C. opgerig is, in 401 ontruim.
In die 7de eeu het die gebied van Zürich onder die heerskappy van Alemanniese hertoë gekom. Karel die Grote het in 771 in hierdie adellike familie ingetrou sodat Zürich 'n Karolingiese besitting geword het. Ondanks 'n aantal legendes het Karel nooit 'n besoek aan Zürich gebring nie.
Met die splitsing van die Frankiese ryk volgens die Verdrag van Verdun het Zürich in 843 'n deel van die Germaanse deelstaat onder Lodewyk die Duitser geword. Lodewyk het aan die oostelike kant van die voormalige Romeinse kasteel 'n palts laat oprig en 'n nonneklooster gestig wat deur sy seun Karel die Dikke in 874 uitgebrei en van 'n pragtige kerk, die huidige Fraumünster-kerk, voorsien is.
Vanaf die 12de eeu is die nedersetting uitgebrei; in 1218 het Zürich stadstatus as Duitse Ryksstad gekry. Alhoewel die stad oor sy eie administrasie beskik het, het ook die abdis van die Fraumünster en die plaaslike adel pogings onderneem om die gesag oor Zürich uit te oefen. Ná die oprigting van die stadsmuur het 'n aantal bedelordes, waaronder Augustyne, Dominikane en Fransiskane, hulle in Zürich begin vestig en kloosters opgerig. Die sowat 9 000 inwoners, wat omtrent 1300 in Zürich woonagtig was, was adellikes, handelaars en reglose ambagsmanne.