Die versameling van heelgetalle sluit in negatiewe en positiewe getalle wat geen breukdeel het nie. So is 1 'n heelgetal maar 1,01 is nie. Laasgenoemde is 'n rasionale getal.

Die getal nul is ook deel van die versameling heelgetalle.

Die reeks heelgetalle lyk so: (die getallelyn)

Eienskappe van heelgetalle Hoe verder links jy beweeg op die getallelyn, hoe kleiner is die getal, bv. 1 is kleiner as 5 -2 is kleiner as 1 -5 is kleiner as -4

Hoe verder regs jy beweeg op die getallelyn, hoe groter word die getal, bv. 3 is groter as 1 1 is groter -3 -3 is groter as -5

Wanneer jy 2 positiewe getalle bymekaar tel, kry jy 'n positiewe antwoord, bv. 5 + 8 = +13, maar ons skryf net 13 23 + 11 = 34

As jy 2 negatiewe getalle bymekaar tel, bly die antwoord negatief, bv. (-3) + (-5) = -8 (-12) + (-6) = -18

As jy 'n negatiewe getal by 'n positiewe getal tel, kry die antwoord die teken van die grootste syfer, bv. [nb! grootste syfer beteken nie grootste getal nie] 16 + (-7) = 9 (16 was die grootste syfer en was positief – die antwoord bly positief) 8 + (-21) = -13 (21 was die grootste syfer – die antwoord word dus negatief)

Sien ook Natuurlike getal Priemgetal

Bronnelys

http://wiskunde-graad-7.blogspot.co.za/search/label/heelgetalle

Kategorie:Getalle