Die brakvleigrasook: kolgras, krulgras (Sporobolus ludwigii Hochst.) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika en Botswana. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.
Die plant is meerjarig en het 'n kruipende wortelstok. Die halme is regop en kan 15 -30 cm lank word. Dié spesie is kenmerkend vir droë gematigde graslande met hoë sout- en alkaligehaltes.Biogeography and Ecology of Southern Africa, Deel 31 van Monographiae Biologicae, Springer Science & Business Media, 2012, , , bls. 424-426
Dit kom byvoorbeeld op die SA Lombard-wildreservaat naby Bloemhof voor. Die oostelike deel daarvan bestaan uit grond wat "brakturf" genoem word en diamante kan bevat. Dit is in 'n breë en ondiepe depressie geleë wat gereeld oorstroom. Dit is met brakvleigras en die naverwante S. iocladus bedek. Dit is gunstelingkos van die bokke wat in hierdie gebied voorkom.
Beweiding Die beweidingsindeks is taamlik hoog:
Verwysings
Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Grasse