Bill J. van Niekerk (4 Mei 1921 — 2 Februarie 2001) was 'n professor in Volkekunde aan die Universiteit van Suid-Afrika en ’n Afrikaanse skrywer.
Lewe en werk Bill J. van Niekerk is op 4 Mei 1921 gebore en word groot in die Wes-Transvaal. Hy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar die bekende skrywer P.J. Schoeman een van sy lektore is en ’n lewenslange vriendskap tussen hulle ontstaan. In Schoeman se boeke word na hom verwys as Bill. Rondom die jare van die Tweede Wêreldoorlog is Schoeman kommandant van ’n kommando in die Ossewabrandwag, met Van Niekerk sy lyfwagSien Bill J. van Niekerk se voorwoord tot P.J. Schoeman se “Geliefde ou Afrika-vriende 2” Vir jare werk hy in Johannesburg, maar die veld se roep is te sterk en hy bedank sy werk om vir hom ’n veeplasie naby Namutoni in Suidwes-Afrika te koop. In 1953 trou hy met Anneke Rossouw en hulle vestig hulle met hulle kinders in Pretoria. Hy behaal sy Meestersgraad en is dan vanaf 1963 as dosent in die Departement Volkekunde aan die Universiteit van Suid-Afrika verbonde, waar hy mettertyd tot professor bevorder word. Vir geruime tyd doen hy regsnavorsing onder die Tswana. Sy vrou was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ontdekking van 'n interessante argeologiese werkplaas te Kolobeng in Botswana. Later trou hy met Susan de Wit (néé Saaiman). Op 2 Februarie 2001 is hy oorlede.
Skryfwerk Sy “Ver is die swerwer se horison”Kromhout, Jan “Die Transvaler” 31 Mei 1965 speel in Suidwes-Afrika af en bevat verhale, sketse en anekdotes oor die veld en die dierelewe in Namibië, waarin hy veral die atmosfeer en stemming in die natuur oproep.P.M. “Die Volksblad” 22 April 1965 Van die mees geslaagde sketse in die bundel handel oor die inwoners van hierdie gebied, die San en die inheemse swart volke.
Publikasies JaarPublikasies1964Ver is die swerwer se horison
Bronne Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Schoeman, P.J. “Geliefde ou Afrika-vriende 2” Perskor-Uitgewery Johannesburg Eerste uitgawe 1976 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 Van Niekerk, Bill J. “Ver is die swerwer se horison” Voortrekkerpers Beperk Johannesburg Sesde druk 1971
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 2001