Die Saffier-nooientjie (Pomacentrus pavo) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Sapphire damsel.
Identifikasie Die vis word tot 11 cm lank en die lyf is blougroen tot ligblou van kleur. Daar is soms ook 'n klein oor-kol teenwoordig. Die groter volwasse visse mag geel pektorale vinne hê en die agterste helfte van die stertvin mag ook geel wees. Hulle bly in tropiese strandmere en vlak koraalriwwe in water wat 1 tot 16 m diep is. Hier kom hulle in klein tot groot groepe voor waar hulle in die koraal speel. Die vis vreet soöplankton en alge.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Pomacentrus-pavo.html
Kategorie:Beenvisse